Vra vir Faffa

Voëls stoor semen vir latere gebruik

Vraag

Iemand het vir my vanoggend die volgende gevra en ek het geen idee of dit waar is of nie? Kan jy my dalk help? 'n Makou kan eierselle (sperms) van die manlike makou "terughou. So as sy op 'n latere stadium eiers lê en daar was nou vir 'n tyd nie 'n mannetjie in die omtrek nie, kan sy die teruggehoude sperms soort van gebruik om die eiers te bevrug.

Antwoord

Kon nog nie iets spesifiek vir makoue kry (hoe lank hulle kan semen stoor nie, maar sover ek weet kan alle voëlspesies wat al bestudeer is, dit doen (wild en gedomestikeerd). Hulle berg die semen in semenstoorbuisies in die kraniale vagina (hoofsaaklik) , maar ook in die infundibulum (tregteropening by die eierstokke). 

Die periode wat semen gestoor word , verskil tussen spesies byvoorbeeld: 

Kwartels 12 dae, hoenders 21 dae, kalkoene 70 dae. 

Bron:

Blesbois, E and J.P. Brillard, J.P. 2007. Specific features of in vivo and in vitro sperm storage in birds. The Animal Consortium 1;10, pp 1472-1481 

Geskryf deur: dr. Buks Wandrag, Pluimveegesonheid, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria. (buks.wandrag@up.ac.za)

 

6 November 2013


Kommentaar

Een kommentaar op “Voëls stoor semen vir latere gebruik

  1. nealia
    nealia

    Ek wil net graag weet ek het kwarels wat ek in n hok het hulle het eiers gele maar sien nie dat hulle op dit le nie weet ook nie hoe lyk n mannitjie en hoe lyk die wyfie nie en sal die eirs ooit broei as hulle nie daar op le nie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X