Vra vir Faffa

Vlooie op perde en beeste

Vraag

Waarom word vlooie selde op perde en beeste gevind?

Antwoord

Vlooie kom gewoonlik in “neste” voor. Die katvlooi (Ctenocephalides felis), hondevlooi (C. canis),  vassitvlooi van pluimvee (Echidnophaga gallinacea) en die mensvlooi (Pulex irritans) kan ook op ander diere voorkom.

Waar  katte, hoenders en duiwe, wat deur vlooie geparasiteer word, in noue kontak met perde en beeste kom, kan vlooie op perde en beeste voorkom, byvoorbeeld waar groot getalle katte in stalle en skure teenwoordig is, waar hoenders in krippe neste maak en waar baie duiwe voorkom.

Gevalle waar kalwers deur vlooie geparasiteer word, word dikwels aangemeld.

Die voorkoms van vlooie op perde is egter baie raar.

Geskryf deur dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za) en inligting verskaf deur prof. Ivan Horak.

18 April 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X