Vra vir Faffa

Vleisrasbulletjies: kastreer of nie?

Vraag

Ek wil graag verstaan wat die voor- en nadele van kastrasie in vleisrasbulletjies is. Op watter stadium moet dit gedoen word, indien nodig?. Die gedagte sal wees om hulle tussen speenouderdom en 24 maande te verkoop aan die voerkrale of abattoirs.

Antwoord

Indien kalwers op speenouderdom aan ‘n voerkraal verkoop word, is kastrasie uit ‘n biologiese oogpunt onnodig, want bulkalwers groei vinniger en het ‘n beter voeromsetting as ossies terwyl hulle ook nie so gou vet aansit soos ossies en versies nie. Daar moet egter eers by die betrokke voerkrale aan wie die kalwers verkoop word, seker gemaak word of hulle bereid is om bulletjies te koop en/of hulle nie dalk prysgewys daarteen gaan diskrimineer nie.  Sommige voerkrale wil nie bulletjies koop nie omdat hulle net moeilikheid maak (bv. baklei, breek deur drade, ry mekaar, ensovoorts). Ander voerkrale is weer bereid om bulkalwers te koop. 

Daarenteen maak kastrasie bemarkingsouderdom baie meer buigbaar. Waar kalwers gekastreer word, moet dit verkieslik binne die eerste twee weke na geboorte gedoen word. Dit is veel moeiliker om ouer diere te kastreer.  Indien hulle op ‘n ouer ouderdom gekastreer word, word die diere benadeel en ondervind hulle ‘n groeiterugslag. Hierdie massaverlies moet later weer met duur voer aangesit word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
6 November 2010
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X