Vra vir Faffa

Vleis met ramsmaak

Vraag

Ek weet nie eintlik aan wie om die vraag te vra nie en hoop u kan my help? As ek van ramsmaak praat, verwys ek na die sterk onaangename smaak wat bokramme se vleis, veral bokramme, wat saam met ooie loop , het. In die varkbedryf praat hulle van “Boartaste” . Kapaters se vleis kry nie die smaak nie. Die vraag is nou: As ‘n mens ‘n ram kastreer, sal die ramsmaak mettertyd wegraak of nie? Indien wel, hoe lank sou dit neem?

Antwoord

Alle ramsvleis, insluitend skaapramme, het maar so ‘n “smakie”. Dit is egter baie meer uitgesproke in bokramme en vir baie mense onaangenaam. Daar is boereresepte beskikbaar om dit ietwat te verbloem, maar die finale produk bly vir baie onaanvaarbaar.

Indien rammetjies vroeg gekastreer word, is hulle vleis merendeels ramsmaak-vry. “Vroeg” in hierdie verband beteken beslis baie jonk. Sodra ramme puberteit bereik en dan eers kastreer word, wil dit voorkom asof die ramsmaak in die vleis “kleef” en amper nooit regtig verdwyn nie. Sommige boere burdizzo jong rammetjies hier met die teelballe opgedruk in die buik. Daar word geredeneer dat hulle dan beter uitgroei.  Tog is dit dan so dat van die abattoirs van hierdie vleis afgradeer.

Geskryf deur: dr. Roland Larson, privaatveearts, Graaff-Reinet Dr Roland Larson (larsonroland@telkomsa.net)

26 September 2015


Kommentaar

Kommentaar (3) “Vleis met ramsmaak

  1. David Krynauw Snr
    David Krynauw Snr

    Ek wou al lank Dr. Larson kontak veral oor voeding en parasiete maar reageer nou oor die ramsmaak. Die ou mense het graag ‘n jong ram se tjops verkies. Ek “boer” met gemengde bokke en het onlangs jong rammetjies vir ‘n fees voorberei. Die vlees is saam met gekoopte skaap gerooster en niemand kon die vlees onderskei nie. Dit was wel meer “stringy” vir my maar nogal goed. Die rib het gelyk soos ‘n Biafraanse stuk sonder vet maar was voortreflik op my draaibraai! Daar was nie lae van vet nie en dit is hoekom bokvleis so gesond is. Dit bevat ook minder versadigde vet as hoender! Ons slaghuise slaap terwyl die volk van hartaanvalle snuiwel. My eerste kapater, Knersus ( hy’t tande gekners to hy bottel kind was) het ‘n rekkie gekry. Maande later het ek die groen rekkie saam met sy gedroogte knaters in die veld opgetel. Hy is nou groot en vet en miskien reg vir Kersfees (sal moeilik vir my wees). As ramme begin werk dan begin die smaak deurkom en om dan te kastreer is seker traumaties – dan moet jy sny en die gevolge dra. Kan nie se of die smaak sal weggaan nie. Rekkies seker die antwoord!

  2. Phillip
    Phillip

    So gepraat van kastreer, kan ‘n mens vir ‘n hond (Jack Russell – 18 maande oud) ook ‘n rekkie aansit?

    • Jan Bezuidenhout

      Philip,
      Dr. Faffa Malan se die DBV gaan jou kasty as jy dit doen. Dr. Faffa se jy moe dit glad nie doen nie, dit veroorsaak swelling en is nadelig vir die hond. Neem jou hond veearts of DBV toe vir die korrekte prosedure.
      Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X