Vra vir Faffa

Vleie, ‘n gevaar vir parasietbesmettings

Vraag

Dok, weereens baie dankie vir gister se FAMACHA kursus, baie goed gedoen. Die vraag wat ek voel nog 'n bietjie deskundige hulp nodig het, is die beheer van parasiete in vleilande. Dankie Fernando

Antwoord

 

Vir rondewurmeiers, wat in mis voorkom, om uit te broei, word vogtigheid en hitte benodig. Vogtigheid kom in die vorm van re?n, besproeiing, fonteine, vleie, damme, riviere, lekkende waterbakke en waterpype voor. Dit is dus vir boere raadsaam om waar moontlik te sorg dat hulle diere areas waar parasietbesmettings in oormaat mag voorkom, te vermy, af te kamp, droog te lê of te bestuur sodat diere nie weens die wurmbesmettings wat mag voorkom, vrek, kondisie verloor of produksieverliese ly nie.
Vleie is ook die ideale habitat vir waterslakke wat die tussengashere van lewerslak- en peervormige slakwurms is. Die slakke is aktief in die warmer tye van die jaar (lente, somer en herfs). Die waterslakke raak besmet wanneer die parasiete se eiers wat in die mis van besmette diere teenwoordig is, in die water beland en uitbroei. Die mirasidiums wat uit die eiers uitbroei na ongeveer 10 dae, besmet die waterslakke en na ‘n periode van ongeveer ‘n maand swem die besmetlike stadium, die sekarie? uit die waterslakke. Die paddavisagtige stadiums swem tot hulle ‘n grassie of voorwerp in die water vind en gooi hulle stertjies af. ‘n Beskermende doppie word om hulle gevorm en word nou ‘n metaserkarie? genoem. Hierdie is die besmetlike stadium van lewerslak- en peervormige slakwurms. Die metaserkarie? kan vir ‘n jaar besmetlik bly mits hulle vogtig gehou word. Uitdroging sal tot hulle dood lei.
Waterslakke is hermafrodiete en kan deur watervo?ls op hulle webbe in ‘n gebied ingebring word. Teoreties kan waterslakke slegs met lewerslakwurms besmet raak as die mis van ‘n dier wat met lewerslakwurms besmet is, en wie se mis dus eiers bevat, in water val waar die waterslakke voorkom. Om te voorkom dat diere die waterslakke besmet, moet hulle met ‘n middel wat trikabendasool bevat, gedoseer word voordat hulle in die vleie geplaas word. Dit is kommerwekkend dat daar al oorsee gerapporteer is dat daar al  lewerslakwurms wat weerstandbiedend teen triklabendasool is, gevind is.
Die lewensiklus van gewone lewerslakwurms is 56 dae, d.w.s. dit neem 56 dae vandat die metaserkarie? ingeneem is totdat daar eiertjies in die mis verskyn wat die waterslakke kan besmet.
As dit in gedagte gehou word, moet diere dan vir 55 dae in die vleie gehou word en dan weer gedoseer word sodat hulle nie weer waterslakke besmet nie óf hulle moet na veld verskuif word waar waterslakke nie voorkom nie. Hierdie diere kan dan later gedoseer word indien nodig, maar moet weer gedoseer word voordat hulle in ‘n waterslak besmette gebied ingaan om besmetting met lewerslakeiers in die vlei waar die waterslakke is, te voorkom.
Daar is tans nie chemiese stowwe in Suid-Afrika beskikbaar om slakke in vleie uit te roei nie, maar eende sal beslis help om die slakke op te vreet.
In Frankryk word kalsiumsianamied gebruik teen 500kg per hektaar. Die middel het slakdodende sowel as mirasidiae en serkarie? dodende aksie. Daar is wel sekere voorsorgmaatre?ls wat getref moet word.
Dit sal help om uit te vind waar die lewerslakbesmetting op die plaas voorkom en jou kudde so te bestuur dat minimale verliese voorkom.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartsenykonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
Bron:
Bovine Fasciolosis, Virbac
18 Julie 2010
Lees ook:
Lewerslakwurms
Peervormige maagslakwurms
         Peervormige maagslak
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X