Vra vir Faffa

Vitamien A inspuiting vir melkbokke

Vraag

Kan vitamien A, wat vir beeste geskik is, ook vir melkbokke ingespuit word?

Antwoord

Die meeste van die inspuitbare middels wat vitamien A bevat en wat vir gebruik in beeste geregistreer is, is nie geregistreer vir gebruik in bokke nie. Orale middels is wel geregistreer vir gebruik in bokke en voorbeelde van middels is: Oral-Vit-A Oberon, Virbac G1037 en Vit-A-Plus, Bayer AH, G119.

Indien u middels wat nie vir bokke geregistreer is nie wel in bokke gebruik en van die diere a.g.v. die inspuiting sou vrek, sal die boer geen eis teen die vervaardiger kan instel nie.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
1 Maart 2012
Lees ook:

Kommentaar

Een kommentaar op “Vitamien A inspuiting vir melkbokke

  1. Andre Conradie
    Andre Conradie

    Ek het n Plasie gekoop met Switserse boerbokke ek soek inligting wanneer bokke ingespuit moet word,as ook paar tyd en enige belangrike informasie I.V.M Bokke. sowel as Dorper skape indien u enige inligting vir my het. Area Rawsonville Distrik

    Baie Dankie

    Andre Conradie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X