Vra vir Faffa

Vismeel in skaap- en varkrantsoene

Vraag

Ek het vismeel wat ek in my rantsoene wil inmeng. Watter skape (lammers,ooie,hamels ) sal die beste baat vind daarby en in watter hoeveelheid? Is dit dalk beter om dit in my varke se rantsoene in te werk? Gert

Antwoord

Vismeel is dié beste deurvloeiproteïenbron vir herkouers en moet hoofsaaklik vir groeiende; hoogs produserende en reproduserende ooie met hoë deurvloeiproteïenbehoefte gebruik word. Maak seker dat dit hoë gehalte vismeel is. Galsterige vismeel is bitter en sy aminosure, veral lisien, kan beskadig wees en sal gevolglik innameprobleme en swakker diereprestasie weens die beskadigde aminosure lewer. 

Die volgende kruipvoermengsel kan ad lib. vir sogende lammers gebruik word: 625 kg mieliemeel + 50 kg vismeel + 80 kg Voermol Melassemeel + 100 kg Voermol Procon + 150 kg Voermol SS 200.
 
As afrondingsrantsoen vir lammers in ‘n voerkraal kan die volgende mengsel gebruik word: 150 kg gemaalde lusern (25 mm) + 525 kg gemaalde mielies + 25 kg vismeel + 50 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel + 200 kg Voermol SS 200.
 
Die volgende lekmengsel met vismeel kan vir laatdragtige en lakterende ooie op weiding teen 300 tot 500 g/ooi/dag gevoer word: 50 kg vismeel + 150 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 250 kg gemaalde mielies + 50 kg sout.
 
Afhangend vir watter klas varke die vismeel gevoer word, kan 3 tot 10 % vismeel in volledige varkrantsoene ingesluit word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
24 Oktober 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X