Vra vir Faffa

Vestiging van Rhodes-, Witbuffel- en Smutsvingergrasse

Vraag

Hoe vestig ek Rhodes-, Witbuffel- en Smutsvingergrasse?

Antwoord

Die mengsel van Rhodes-, Witbuffel- en Smutsvingergrasse word in gelyke dele gevestig.

Die minimum sal 2 kg saad/ha van elk wees en die makimum 4 kg/ha van elk.
Ek sou 3 kg saad/ha van elk aanbeveel, dus ’n totaal van 9 kg/ha.
Deur al die jare het ek altyd goeie sukses met ’n Desemberaanplanting gekry,
behalwe as die seisoen laat begin dan vestig jy die grasse in Februarie.
Die groot probleem met Desembervestiging, is onkruid.
Daarom plant meeste boere maar gewoonlik in Februarie.
Sukses met jou vestiging!
 
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidigskundige (chriswei@vodamail.co.za)
 
3 Desember 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X