Vra vir Faffa

Vervoer van kat na nuwe omgewing

Vraag

Ek verhuis eersdaags met my kat na ‘n nuwe omgewing en woning, Hoe gemaak om my kat by my nuwe omgewing te laat inskakel en hoe vervoer ek my kat in die motor?

Antwoord

Hieronder volg ‘n paar wenke as ‘n kat vervoer gaan word na ‘n nuwe omgewing: 

  • Tensy kat gewoond is aan reis, kry kalmeerpille by die veearts (verkieslik wat alprazolam bevat of soortgelyk).
 
  • Vervoer altyd ‘n kat in ‘n hok (“travel crate”) – die plastiektipe is lekker prakties en maak maklik skoon.
 
  • Maak die kat ‘n paar weke voor die reis gewoond aan die hok.
 
  • Maak seker die kat eet en drink, al is dit net ‘n bietjie.
 
  • Berei ‘n kamer voor in die nuwe huis waar die kat eers vir ‘n week of twee kan akklimatiseer – sorg vir ‘n sandbak, bed / gemaklike slaapplek, kos, water, speelgoed, krappaal.
 
  • Indien moontlik, installeer Feliway (die katferomoon wat by veeartse verkrygbaar is) in die nuwe huis ‘n dag voordat die kat aankom en los dit tot dit klaar is (ongeveer ‘n maand – dit word in ‘n muurprop ingeprop) in die kamer waar die kat eers gaan bly.
 
Geskryf deur: dr. Quixi Sonntag, Dieregedragskundige (quixi@mweb.co.za)
 
22 Maart 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X