Vra vir Faffa

Vervanging van oneetbare grasse

Vraag

Ek wil graag oneetbare gras in kampe van swartwitpense vervang met beter gras vir weiding. Het reeds bloubuffelgrassaad en het gedink om dit te hervestig, maar wil graag weet hoe om grond daarvoor voor te berei. Wil net gedeeltes in kamp plant, nie die hele kamp nie. Kan ek met ‘n ripper grond losmaak en dan saad in die rippervore plant met planter wat wiele het om saad vas te trap? Ek dink die planter is vir bloubuffelgras. Moet seker ook wag totdat reën geval het. Moet ongewenste gras gebrand word of moet dit net kort gesny word voor ripper gebruik word? Dankie sover, ek hoop iemand kan raad gee. Ek is onkundig en moes oorneem op die plaas om weduwee te help. Diere het gevrek a.g.v. ondervoeding soos deur Onderstepoort bevind na nadoodse ondersoeke gedoen is.

Antwoord

Ek sou nie brand nie. Dit is te laat en ek is ook nie ‘n voorstander van brand in die soetveld nie.

Groot sukses is al met die rippermetode behaal.

Lees pdf hieronder vir die volledige artikel.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

2 November 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X