Vra vir Faffa

Vers steek spene weg

Vraag

Ek het onlangs dragtige F1 Nguni X Boran verse gekoop. Dit lyk of een van die verse nie 'n uier (of spene) het nie. Toe ek die verse gelaai het by die verkoper, het hy my verseker dat sy haar spene so optrek miskien oor sy gestres is na die laai. Nou vandat sy in die veld is, sien ek nog steeds nie die spene nie. Is so iets moontlik (spene wegsteek) en kan 'n veearts kom voel of als in plek is. Die verse is in verskillende stadiums van dragtigheid.

Antwoord

Die probleem wat in die brief beskryf word is ‘n rare geval, wat algeneem bekend staan as athelia. Athelia is ‘n embriologiese ontwikkelingsdefek van een of meer spene waar die spene nie uitwendig

sigbaar is nie, maar die spene kan ‘in’ die uier wees (inverted teats) of die spene kan heeltemal afwesig wees.
 Gevalle is al opgeteken van Guernseyverse (33 maande) wat dragtig was en van nadere ondersoek ‘n klein onderontwikkelde uier gehad het. Die spene self was ook heelwat kleiner, maar daar was steeds speenopeninge. Die afwesigheid van uierkwarte is ook moontlik. Hierdie probleem het ook al voorgekom in varke en buffels.
Die term ‘speen wegsteek’ is wel onbekend en daar is geen literatuur of navorsing daaroor beskikbaar nie. Hermafroditisme (trassies) sou ‘n moontlikheid gewees het, maar aangesien jou vers dragtig is, is
daardie moontlikheid uitgesluit.
Dit sal wys wees om die veearts te laat kom om ‘n deeglik ondersoek te doen.
Geskryf deur:
Daleen Bester (Veeartsenykunde student) en
Prof. Gert Rautenbach, Departement Produksiedierstudies, Fakulteit Veeartsenykunde, Onderstepoort
Verdere inligting deur die boer verskaf
Dankie vir die antwoord. Ek het intussen die veearts by haar gehad en sy het spene, maar hulle is nie sigbaar nie. Jy kan egter die spene voel.
Ons het haar toe ook sommer ondersoek en gevind sy is nie dragtig nie.
Die veearts reken haar eierstokke is baie klein en dat sy nie sommer sal dragtig raak nie.
In die 3-4 maande wat sy by ons is, het sy saam met die bul geloop, maar die bul was nooit by haar nie, so dalk het sy nie geovuleer nie.
Ek het in kontak gekom met die verkoper en het haar intussen (die week) omgeruil vir ‘n ander vers wat dragtig is.
 
22 Februarie 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X