Vra vir Faffa

Verkluiming van lammers

Vraag

Sal 'n lam wat besig is om te vrek van verkluiming ‘n stadige of vinnige hartklop hê?

Antwoord

Verkluimde lammers se hartspoed is baie stadig.  Lammers wat onder 6 ure oud is moet onder geen omstandighede verhit word voordat hulle ‘n glukose inspuiting intraperitoniaal ontvang het nie omdat hulle nie meer bruinvetreserwes het nie.  Verhitting van lammers sonder glukose is fataal.  Verhitting moet proaktief wees, toedraai in ’n kombers help nie.  Die beste is droë hitte soos ‘n waaiertipe verwarmer in ‘n geventileerde kas of kartondoos. 

Toediening van glukose met ‘n maagbuis werk nie omdat die absorbsie via die dermkanaal stilstaan tydens verkluiming.  Vra jou veearts om jou te wys hoe om  ‘n intraperitoneale glukose inspuiting toe te dien. Dit is tegnies maklik om te doen en ek het nog nooit komplikasies gesien nie. 

 

Geskryf deur: Dr. Johan A van Rooyen M.Med.Vet.,M.B.A., M. in Sust. Agric. PDTE   

Veterinêre Spesialis Praktisyn (Kleinvee)

E-pos: flocprotec@telkomsa.net

 

24 November 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X