Vra vir Faffa

Vergiftiging met witstormbos

Vraag

Het u dalk vir my ‘n foto en meer inligting oor witstormbos?

Antwoord

Thesium lineatum is bekend as vaal- of witstorm. Daar is nog ’n plant T. namaquense wat as Namaqua Thesium bekend staan.

Vir foto’s en verspreiding van T. lineatum gaan na:

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1220&bih=678&q=Thesium+lineatum&oq=Thesium+lineatum&gs_l=img.12..0i24.2038.17472.0.19809.16.7.0.9.9.0.404.1265.3j0j3j0j1.7.0….0…1ac.1.31.img..2.14.655.ywkGHw5k2LY

Vir foto’s  en verspreiding van T. namaquense gaan na:

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1220&bih=678&q=Thesium+lineatum&oq=Thesium+lineatum&gs_l=img.12..0i24.2038.17472.0.19809.16.7.0.9.9.0.404.1265.3j0j3j0j1.7.0….0…1ac.1.31.img..2.14.655.ywkGHw5k2LY#hl=en&q=Thesium+namaquense&tbm=isch

Thesium spesies is wortelparasiete op plante soos Felicia muricata, F. filifolia, Chrysocoma tenuifolia, Pteronia sordida, Melianthus comosus en Lycium spesies.

Vrektes in skape kom voor in die Beaufort-Wes, Nelspoort en Murraysburg distrikte wanneer hierdie meerjarige witstormstruike gevreet word. Die meeste vrektes kom in die winter voor wanneer skape op die suidelike hange van heuwels wei. Vrektes kan ook deur die jaar op ander topografieë voorkom. In droë tye is hierdie bossie feitlik al wat groen is en na die eerste reën na ‘n droogte staan hulle grasgroen.

Wanneer diere wat nie die plant ken nie in ‘n kamp waar hierdie plante voorkom, gejaag word, vind baie vrektes plaas. Bokke is geneig om die hele plant op te vreet terwyl skape en beeste aan die groenigheid peusel. Mens kry dan dikwels dat daar ‘n paar bokke om die plante dood lê.

Diere wat lank in ‘n besmette kamp bly, ontwikkel ‘n aversie (eet nie die plant nie) net soos by tulpe.

Die vergiftiging is dosisafhanklik en waar diere die eerste tekens van vergiftiging toon, moet hulle so gou doenlik uit die kamp verwyder word om verdere verliese te voorkom.

Geaffekteerde skape, bokke en beeste vrek gewoonlik skielik, maar die wat langer lewe, ontwikkel ‘n diarree en asemnood.

‘n Bufadienoliedgifstof (soortgelyk aan wat ook in tulpe voorkom) is uit die plante geïsoleer.  Hierdie is ‘n hartgif maar die niere word ook aangetas.

Vrektes in skape a.g.v. die Namaqua Thesium is in Middelburg (Oos-Kaap) aangeteken.

Boere kap die bossies uit, maar dit is ‘n duur en langsame proses.

Uit ondervinding is gevind dat diere so stil as moontlik gehou moet word. Sodra daar ‘n gespook is om diere geaktiveerde koolstof in te gee, vrek hulle net daar en dan. By beeste is dit moontlik dat hulle met koolstof gered kan word. Die dosis is 2 gram per kilogram liggaamsgewig.

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant en dr. Jaco Pienaar, Staatsveearts, Beaufort-Wes (jacop@elsenburg.com).

18 November 2013

Bron: Kellerman, T.S, Coetzer, J.A.W, Naude, T.W and Botha, C.J. 2005. Plant poisonings and mycotoxicosis of livestock in Southern Africa. Oxford University Press.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X