Vra vir Faffa

Velkondisies in honde en katte

Vraag

Kan iemand my dalk help asseblief? Ek het ‘n swart worshondjie gekruis met ‘n Jack Russel, baie oulike kruising! Sy het ‘n probleem: in die somer krap sy haar gedurig, hare val uit maar net vir ‘n kort periode dan gaan dit weer oor! Hierdie somer hou dit net aan en aan en sy bly krap. Sy kry nou al stukkende plekkies op haar vel, veral haar rug! Sy het al inspuitings gekry asook kortisoon en allergiepille. Ek het al vlooipille wat ‘n maand hou ook vir haar ingegee asook ‘n olie wat ek op haar kos moet gooi! Niks wil help nie ek is al raadop met haar en sy byt nou ook haar voete.

Antwoord

Hieronder is ‘n opsomming van al die vrae oor velprobleme wat reeds op hulp.landbou.com verskyn het. Velprobleme is een van die mees ingewikkelde probleme om op te los. Ondersoeke en toetse deur deskundiges om die oorsaak vas te stel, is al raad wat ek kan aanbied.

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
26 Maart 2012

Kommentaar

Kommentaar (16) “Velkondisies in honde en katte

  1. Celeste Nel
    Celeste Nel

    My kat se hare val plek plek uit waar daar sere is, lyk soos n rou skaafplek, wat kan dit wees, ons woon tydelik op n plaas, sy krap gedurig daaraan

  2. Stefaans du Toit
    Stefaans du Toit

    Ek het presies dieselfde problem met my tortershell kat as Celeste Nel,ek soek ook maar raad,maar sien nie die antwoord op die webwerf nie.Ek het al gewonder of dit nie dalk haar kos kan wees nie.Sy word gepoeier en gedip.Kan ‘n kat melk drink en klein stukkie kaas eet?Ek smeer nou maar antiseptiese salf aan.As iemand weet,sal ek dit waardeer om raad te hoor,dankie

  3. Hester
    Hester

    Ek het dieselfde problem met my kat. Hy byt en krap baie en aanvanklik het dit niks gewys nie maar nou is daar kaal kolle op sy vel wat definitief nie reg is nie. Ek het nou olie op sy kos begin gooi, ‘n raad wat ek gelees het eintlik vir honde maar is daar ‘n raad om die kaal kolle te verbeter soos ‘n sjampoo of ‘n room wat ek aan sy lyf kan smeer met die wete dat katte nie enige iets aan hulle lywe kan kry nie oor hul hulself bad.

  4. petrobos
    petrobos

    Dis dalk raadsaam om by jou plaaslike veearts ‘n draai te gaan maak en te hoor wat hy of sy sal aanbeveel. Groete LBW

  5. tobie
    tobie

    Dag se kan enige iemand my help met n worshond sy hare val uit plek dit het begin by sy nek noe lanks sy maag, en rug dan maak dit so klein seertjies wat kan ek gebruik? Of wat is dit? Die vearts het dip gegee om een keer n week aan te smeer, maar dit lyk dit word erker asb en dankie tobie

  6. A visser
    A visser

    Wat is die oorsaak dat my spaniel groot vlokkies soos skilfers op sy rug het. wat kan ek daarvoor gebruik?

  7. Nicolene Vuyk
    Nicolene Vuyk

    Hi kan iemand my asb dringend help en my dalk net email, ek het ‘n Siberian husky wat ‘n oornag ‘n seer op haar kop ontwikkel het wat ‘n pas sweersel seer vorm wat sy nie ophou krap nie ek het al daai plastiek beskermer op maar sy kry wragies haar agter poot daarin om te krap,ek het gedink dis dalk ‘n heat rash maar nou twyfel ek,ek het al die wond behandel met sout water,red oxide en bio balance wat help vir verskeie vel probleme die bio balance is we’ll vir mens maar ek het gehoop dit sal help en ondersoeke is peperduur ek hoop iemand kan my help asb

    • Jan Bezuidenhout

      Nicolene,
      Besoek jou veearts om verligting vir die hond te kry.
      Groete

  8. ZYRIL
    ZYRIL

    Ek het die selfde probleem met my kat gehad. Sy het so ‘n kaak kol bokant haar stert gekry en ons moes gereeld veearts toe met haar, totdat ek eendag gelees het van “ringworm”. Ek het toe 2 eetlepels van Diana’s BEESWAX CREAM gemeng met 2 druppels “Tea tree oil en op die kat se vel liggies ingesmeer. Ek kon na 3 keer se applikasie ( een keer per dag) reeds ‘n groot verskil sien. Ek is nie seker of sy wl “rignworm” gehad het nie en of dit ekseem was nie, maar dit het definitief gewerk. Die Tea tree oil meng kan ook met kat of hondeshampoe gemeng word ( nie meer as 3-5 druppels tot 100 ml nie) Besoek die webwerf http://dianas.co.za/ vir meer inligting oor hoe om die beeswax cream te bekom.

  9. Andries
    Andries

    Ek het n vraag..my spanial het n vreeslike jeuk vel..dt gaan al vr 2 maande so aan wat hy permanent krap..hy krap sy hare al af en krap dat dt bloei..en lelike sere maak..wat kan dt wees?

    • Liezl Vercueil
      Liezl Vercueil

      Hi Andries,
      dankie vir jou navraag.
      Daar is baie moontlike oorsake vir jou hond se probleem.
      Gaan na die Vra vir Faffa-indeks van alle antwoorde (hier’s ‘n skakel: https://hulp.landbou.com/vra-vir-faffa-indeks/)
      Klik dan as volg: Troeteldiere – Velprobleme
      Groete

  10. wikus nienaber
    wikus nienaber

    kan iemand help my pit bull het sy hele lyf knoppies en sy krap al vir 3 maande as die veeards haar behandel met pille en advokate drippels dan gaan dit goed vir n week of 2 ek soek n permanente oplossing as daar iemand is wat kan help dankie
    wikusn@yahoo.com

  11. Willie. Magier
    Willie. Magier

    My kat het haar stukkend gekrap op haar rug ek wil weet wat kan ek gebruik asb

  12. Marie Verster
    Marie Verster

    Ons Bullterriër het ‘n probleem vel gehad. Rooi knoppies en jeuk baie en as mens dit nie behandel nie word dit sere wat bloei. Ek het Psoriasis en het eendag uit desperaatheid my salf aan hom gesmeer en dit werk. Dit gaan nooit weg nie vlam weer op maar gaan kry by DisChem Epizone LPC cool tar cream vir psoriasis. Dit was die enigste wat ooit vir hom gehelp het ander goed het dit net erger gemaak.As hy so gejeuk het en ek vat daai pot room het hy kom staan dat ek kan smeer en dan uitgelate rondgespring en stert geswaai want hy het geweet dit werk.

  13. Erika Engelbrecht
    Erika Engelbrecht

    Ek het met dieselfde probleem gesit met Jack Russel wat haar gedurig gekrap en gebyt het – het verskillende rate gevolg, maar niks wou help nie. Ek het haar toe begin bad met Wit Dove seep en haar probleem was iets van die verlede. Ek het agtergekom sy is allegies vir vlooipoeier en ook gewone baba poeier. Nadat ek dit alles gelos het, en net met Dove seep gebad het, het sy weer pragtige wit gesonde vel en hare. Probeer dit gerus.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X