Vra vir Faffa

Veekundige Dienste

Vraag

Is dit die moeite werd om van ‘n veekundige se dienste gebruik te maak om my skaap- en beesboerdery te verbeter ?

Antwoord

Om hierdie vraag sinvol te beantwoord, is dit nodig om na die dienste wat veekundiges lewer, te kyk. Veekundige dienste kan in werklikheid net soos die geval is by mediese dienste in twee afdelings verdeel word, nl. : a) Algemene veekundige dienste

 b) Spesialis veekundige dienste

Veekundiges word gewoonlik opgelei in vyf spesie – rigtings te wete
1)    Grootvee (wat beide vleisbeeste en melkbeeste insluit)
2)    Kleinvee (skape en bokke)
3)    Varke
4)    Pluimvee
5)    Perde
By al hierdie spesies word gewoonlik opleiding in die volgende vakgebiede gegee nl :
Fisiologie
Teling /Genetika
Voeding
Bestuur.
Alhoewel daar baie veekundiges in diens is van die Departement van Landbou (LNR), universiteite, veevoermaatskappye, SA Stamboek, Breedplan, koöperasies, telersgenootskappe en ander organisasies, is daar tans ook heelwat veekundiges wat as privaatkonsultante optree.
Veekundige dienste behels onder andere die volgende :
1.       Voeding
Opstel en balansering van rantsoene
Lekke en samestelling van lekke
Voervloeibeplanning
Teling
Volledige kudde-evaluasie en teelprogrambeplanning
Seleksie en keuring van manlike en vroulike diere
 
Fisiologie
 
Verhoging van reproduksie
Beplanning van kalf – en dekseisoene
Bulvrugbaarheid en libidotoetse
 
Bestuur
Globale plaasbeplanning (gewoonlik in samewerking met ‘n akkerboukundige, weidingkundige en landbou-ekonoom).
Evaluering van plase (bv. vir voornemende kopers)
Opstel van inenting- en doseerprogramme vir spesifieke omgewings (saam met die plaaslike veearts)
Bemarkingsbeplannings
 
Verder is baie veekundiges ook betrokke by die opleiding van opkomende boere en plaaswerkers.
 
Opsommend kan die volgende voorbeeld gebruik word : as ‘n veekundige ‘n boer se speenpersentasie met 5 % verhoog, betaal dit ‘n veekundige se koste vir al sy besoeke per jaar. Al die ander voordele is dan in werklikheid verniet. Verder moet onthou word dat ‘n veekundige met gesonde diere werk en ten doel het om die effektiwiteit en winsgewendheid van ‘n kudde te verhoog.
 
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
 
27 Februarie 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X