Urien van hond ruik suur
Vraag
My klein tefie is bang om uit te gaan gedurende swaar donderweer. Sy urineer in die badkamer elke keer op dieselfde plek. Ek droog dit met ‘n klein handdoekie op, was hande en gooi droë handdoek op die plek op die vloer. Sy urineer mooi op die handdoek, maar haar urine het die skerp suur/ammoniak reuk. Sy is 8 jaar oud. Dit is ’n nuwe ding, die bang wees vir die donderweer en binne urineer vandat my boerboelreun oorlede is. Is haar niere in gevaar met die skerp reuk, sy het toegang tot genoeg vars water. Sy het toegang tot ‘n bekende handelsnaam droë hondekos en ek gee haar ook daagliks ‘n blikkie bekende naam hondekos. Wat kan die oorsaak van die skerp urinereuk wees?Antwoord
As jou hondjie vrye toegang tot water het en verder gesond is (dus goeie eetlus het en normaal aktief is), glo ek nie dat daar rede tot kommer is nie. Ek is eintlik baie meer bekommerd oor die hondjie se klankfobie – kry asseblief angswerende medikasie by die veearts. As jy haar nie gou begin behandeling gee nie, sal die probleem progressief erger raak. Maak ook seker dat sy toegang het tot ‘n plekkie waar sy veilig voel en probeer dit so klankdig moontlik maak m.b.v. kussings, komberse, ens (dié tipe materiaal absorbeer klank).
Geskryf deur: dr. Quixi Sonntag, Dieregedragskundige, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.
18 Desember 2014
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans