Vra vir Faffa

Uitwerking van kastrasie op groei

Vraag

Watter uitwerking het kastrasie op die toekomstige ontwikkeling van ‘n dier? Carel Lotz (lusern@mweb.co.za)

Antwoord

 Kastrasie op ‘n jonger ouderdom het ‘n groter effek op groei as wanneer kastrasie op ‘n later ouderdom gedoen word. Kastrasie op 3 maande ouderdom verleng die groeiproses en gevolglik is die langbene in die dier se liggaam langer en dunner as wanneer die bul eers op 2 jaar gekastreer word. Die voorste ribbes, brisket en kop verleng en die dier kry ‘n swaarder voorkwart as dit vroeg gekastreer word. Dus:

 Os:
voorkwart hoër as die agterkwart.
goeie vetverspreiding onder vel.
minder bespiering, veral aan nek en voorkwart.
geslagstelsel onderontwikkel.
fyner haarkleed.
dunner vel.
 
Bul:
swaarder en growwer oor blaaie en rug.
meer duidelike spierdefinisie.
growwer hare op kop, nek, boonste deel van voorbene, dye, stertkwas en skede-opening.
hare donkerder oor nek en laer deel van liggaam.
dikker vel.
minder vet.
manlike kop en beter ontwikkelde oogbanke.
 
Geskryf deur: dr. Eben du Preez, veeartsenykundige voerkraalkonsultant (edupreez1@telkomsa.net)
 
18 Julie 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X