Uitwerking van groeihormoon aanvullings op vleiskwaliteit
Vraag
Wat is die uitwerking van groeihormoon aanvullings op vleisvleiskwaliteit?Antwoord
Dankie vir jou navraag oor die invloed van groeibevorderaars in vee. Daar is heelwat navorsing gedoen op die gebruik van die molekules, veral na die fiasko met die gebruik van diëtielstilbestrol (DES) in beeste.
Daar is tans ‘n hele klomp veilige molekules wat vir die doel van goeibevordering gebruik word, maar hulle is nie regtig “groeihormone” nie, maar het wel ‘n invloed op anaboliese groei in diere.
Groeihormoon as sulks (somatomedien, IGF’s “insulin-like growth factors”) word wel in melkbeeste gebruik met goeie resultate.
Die groeibevorderaars waarna jy verwys, is almal steroïed hormone wat as oor implantate toegedien word in vee. Die middels word streng volgens voorskrif gebruik en in al die studies wat ek gelees en self gedoen het was daar nie betekenisvolle residu vlakke in die vleis of lewer gewees nie.
Die steroïed hormone wat dus tans gebruik word, word allerweë as veilig beskou (selfs in die Europese Unie) waar die meeste kritiek teen die middels geopper is.
Daar word ook van beta-adrenergiese agoniste gebruik gemaak wat in dele per miljoen in die voer gemeng word en ‘n baie positiewe uitwerking het op spergroei weens die energie herverdelings effekte wat dit op groeiende diere het. Die middels is neuro-endokriene stimulante aangesien dit die effekte van epinefrien / norepinefrien naboots.
Geskryf deur: Prof. Edward Webb, PhD (Pret), Pr.Sci.Nat.(Anim.Sci.)
Vise-dekaan Navorsing en Nagraadse Opleiding
Professor van Produksiedier Fisiologie en Vleiswetenskap
Faculteit van Natuur-en Landbouwetenskappe
Universiteit van Pretoria
Tel. 012-420 3271
Vir verder inligting:
Klik op www.landbou.com
Klik op Indeks van antwoorde
Klik op Beeste
Klik op Afronding
Klik op Groeibevorderaars
31 Julie 2018
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans