Vra vir Faffa

Uitslagpersentasie van Dorperlammers

Vraag

Kan julle vir my ‘n idee gee wat die uitslagpersentasie van Dorpers is?

Antwoord

My Dorpers se uitslagpersentasie vir 2011, gemiddeld oor al my lammers was 50.7%. Die hoogste uitslagpersentasie in ‘n onlangse SAMIC slaglamkompetisie was 54%.   Ek weet lammers uit die Kalahari se persentasie kan so laag as 42% wees.

  

Die uitslagpersentasies hang af van:

die kwaliteit van karkas

goeie lammers slag net beter uit

veldtoestande het dus definitief ‘n invloed

of die lammers water gedrink het voor hulle geweeg is speel ook ‘n groot rol. 

 

Ek dink dit sal veilig wees om ‘n 48% uitslagpersentasie as ‘n gemiddelde vir Dorpers landwyd onder alle moontlike toestande en ouderdomme te gebruik.

 

Geskryf deur: Charl Saunderson, Dorperboer (charl@dorpers.co.za)

 

29 Oktober 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X