Vra vir Faffa

Uie- en knoffelvergiftiging

Vraag

Kan uie en knoffel vergiftiging veroorsaak?

Antwoord

Beperkte hoeveelhede van afgekeurde uie word dikwels vir beeste en skape, veral in Europa, gevoer sonder enige newe-effekte. Hoë innames van uie (Allium cepa) gee aanleiding tot hemolitiese anemie (rooiselle wat opbreek), hemoglobinurie (rooi urien), nefrose (nierbeskadiging) en geelsug.

In Suid-Afrika word afgekeurde uie selde vir diere gevoer en word vergiftiging selde aangeteken. Uievergiftiging is al aangemeld in die Caledondistrik.

In Nederland het beeste, 6 tot 22 maande oud, vir 5 dae elke dag ongeveer 8 tot 15 kg uie gevreet voordat hulle siek geword het. Nuwe gevalle het nog vir 5 dae voorgekom nadat die uie onttrek is.

Die vleis en melk van diere kan ‘n smaak hê as hulle uie gevoer word.

Afgesien van beeste, skape en perde wat vergiftig kan word, is daar ook gevalle van honde en katte, wat siek geword het nadat hulle gekookte uie geëet het, aangemeld.

Dertien uit 243 beeste het gevrek een week nadat hulle groot hoeveelhede van afgekeurde knoffel (Allium sativa) gevreet het.

Bron: Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W., Naudé, T.W. and Botha, C.J. 2005. Plant poisonings and mycotoxicoses of livestock in Southern Africa. Oxford University Press.

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

4 April 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X