Vra vir Faffa

Tursksvye – ‘n veilige voedingsbron?

Vraag

'n Beesboer wil weet of hy sy beeste tussen byna verlepte turskvye kan injaag en waarvoor hy moet pasop, indien wel.

Antwoord

Vraag:
Kan ek beeste in gewone turksvye laat wei? Die turksvye is effens verlep hierdie tyd van die jaar en het ‘n bietjie cochiniel op. Moet ek enige voorsorgmaatreëls tref? – Johan de Kock (jcd@lantic.net)

Antwoord:
Turksvye (Opuntia spesies) word algemeen as droogtevoeding gebruik. Daar kan egter probleme ontstaan indien diere uitsluitlik turksvye vreet.

Die plante bevat oksaalsuur wat met kalsium bind om onoplosbare kalsiumoksalaat kristalle te vorm. Herkouers kan aanpas en die rumenorganismes moet tyd gegee word om oksaalsuur af te breek.

Indien diere nie aangepas is nie en hulle neem ‘n groot hoeveelheid oksaalsuur in, kan melkkoors simptome gesien word omdat die oksaalsuur skielik die kalsium in die bloed bind.

Die kalsiumoksalaat kristalle is geneig om in die niere aan te pak en sodoende veroorsaak dit nierversaking. Om op te som: Maak diere geleidelik gewoond aan turksvye en moet dit nie as uitsluitlike bron van voeding gebruik nie.

 

  • Geskryf deur prof. Neil Fourie van Intervet

    8 Augustus 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X