Vra vir Faffa

Toename in die voorkoms van Wes Nyl- en Middelburgvirus in perde (Jan-Mrt 2017)

Vraag

Wat was die voorkoms van Wes Nyl en Middelburgvirus gepaardgaande met die verhoogde reënval wat aangeteken is die afgelope somer?

Antwoord

Gedurende Januarie tot Maart 2017 was daar ‘n toename in die voorkoms van Wes Nyl- (WNV)en Middelburgvirus (MidV). Die siekte word geassosieer met koors en neurologiese siekte in perde.

Die virus word deur muskiete oorgedra en met die natter toestande wat ideaal vir die uitbroeiing van muskiete is na die droogte in 2015, is daar dan ‘n verhoogde insidens van muskietoorgedraagde siektes in perde aangeteken.

Dit beteken dan ook  dat daar ook ‘n verhoogde risiko is dat mense met hierdie virusse besmet kan word waar besmetting in perde voorgekom het. Gevalle sal sekerlik tot aan die einde van die herfs voor kom.

Vir ‘n volledige verslag oor die kliniese tekens in mense en diere asook die voorkoming, beheer en behandeling van WNV en MidV klik op onderstaande aanhangsel.

Bron:

Surveillance Report: Increase in West Nile Virus and Middelburgvirus associated neurological cases in horses across South Africa (January-March 2017)

Compiled by Prof Marietjie Venter (PhD)

Head: Emerging Vectorborne and respiratory Virus program; Centre for Viral Zoonosis, Department Medicinal Virology, University of Pretoria.

27 April 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X