Vra vir Faffa

Tewe wat baklei

Vraag

Ons het ‘n tweeling Springer Spanjoele en nog ‘n sussie van die volgende werpsel. Die bruin en wit tweeling is amper 3 jaar oud en die swart en wit sussie is 6 maande jonger. Hulle is baie saggeaard en liefdevol. Ons werk van die huis af en die honde kry baie en ewe veel aandag. So elke dan en wan, gryp die 2 bruines mekaar en byt en baklei baie erg. Ons kry hulle glad nie uitmekaar nie en hulle byt mekaar stukkend. Daar is nie iets wat die geveg aan die gang sit nie..dit gebeur net! Het u asb raad vir ons?

Antwoord

Dit is algemeen dat twee honde wat baie soortgelyk is – dieselfde ras, grootte, ouderdom  – na so 2-3 jaar met mekaar begin baklei.  Daar moet iets wees wat die bakleiery aan die gang sit – let mooi op of dit nie dalk gaan oor toegang tot ‘n waardevolle ruimte (gewoonlik is die bakleiery dan by deure of hekke, of dalk oor toegang tot ‘n bed of rusbank) of oor aandag van die mense nie.  As julle die “sneller” kan identifiseer, kan julle dit uitskakel – met die bogenoemde voorbeelde kan mens dan toegang tot daardie ruimte heeltemal weerhou, of glad nie aandag gee wanneer altwee saam is nie.

Geskryf deur:

Dr Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)PGCHE

Lektor: Etiologie, Welsyn, Voeding, Gedragsmedisyne Gemeenskapbetrokkendheid

Departement van Geselskapdiere Kliniese Studies

FaKulteit Veeartsenykunde

Universiteit van Pretoria

6 Maart 2017

Vir nog antwoorde oor honde wat baklei, gaan na:

hulp.landbou.com

Klik op Indeks van antwoorde

Klik op Troeteldiere

Klik op Gedragsprobleme

Klik op Aggresiewe gedrag


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X