Vra vir Faffa

Tem die termiete

Vraag

Goeie dag, wil graag raad vra oor termiete, my grond is vervuil van die goed, alles wat ek plant gaan dood agv temiete wat die wortels van onder begin eet. Ek wil graag klein groentetuin vir huisgebruik begin, wil dit ook organies doen. Is daar iets wat ek eers in die grond kan inwerk behalwe gif, iets soos kalk of tabakstof? Kan u asselbief help ek is raadop met die termiete. By voorbaat dank Raaitjie

Antwoord

Uit die Laingsburg-omgewing soek Dinah Hattingh per e-pos raad vir termiete (rysmiere) wat feitlik die hele huis ingeneem het. As hulle op een plek gekeer word, dop hulle net op ’n ander plek uit. Ongelukkig werk maatskappye in plaagbestryding net in stedelike gebiede.

Ter wille van ons ander lesers wil ek noem dat ons sedert 1999 al ’n soortgelyke probleem in dié rubriek behandel het.

Hier is ’n paar wenke: Termiete seël self hul gate met klei. Breek dit oop en gooi sowat 15 ml swembadchloor in die tonnel of gat. Die miere sal die korrels na die nes dra en waar dit klam is, sal die chloor ’n dodelike gas vorm. Dié gasvorming is blykbaar onskadelik vir mense. Werk in alle gevalle maar versigtig.

Gooi paraffien in die gate. Die bekende rooskweker Ludwig Taschner het ’n organiese insektemiddel wat blykbaar ook vir termiete sal help.

Laaste, maar nie die minste nie: Vroeër is huise nie teen houtkewers behandel nie. Vandag is dit verpligtend en sal hulle nie sommer in droë hout intrek nie. Maar as daar ’n tekort aan dooie hout of halfdooie organiese materiaal is, sal die miere in ander gebiede intrek en ook mensgemaakte strukture van (droë) hout inneem.

Geskryf deur Aletta de Vos, bibliotekaresse, Landbouweekblad.

27 Julie 2010


Kommentaar

Kommentaar (4) “Tem die termiete

  1. Annatjie
    Annatjie

    Het komkommers ge plant nou sien ek da is Klein swart miere wat Dit eet wat se poier kan ek da gooi

  2. A Koekemoer
    A Koekemoer

    Goeie dag.
    Ek het raad nodig vir die termiete/rysmiere op die grasperk.
    Ek het eers omo water in die gate gegooi, wat werk vir die wat hulself daarin vind, maar dit was nie effektief genoeg nie. Ek het toe lokaas gebruik, wat gewerk het, vir n rukkie. Ek het al eiers en klein baba termiete uitgegrou.
    Ek vermoed dat deel van die probleem is dat aan die ander kant van 2 van ons mure is n stuk grond waar hulle vandaan kan kom. Ek het al gesien hoe hulle deur n gaatjie in die muur beweeg.
    Die goggas het selfs in van my potplante ingetrek.
    Ons bly in n stedelike gebied.

    Ek is regtig nou moeg vir hulle.
    Ek is lus en gebruik elke tegniek, gif en boereraad op dieselfde tyd, sodat daar geen manier is dat hulle wil terug kom nie.
    Asseblief help, ek het ernstig goeie raad nodig.
    koekema3@gmail.com

  3. Belinda
    Belinda

    Ek het klein baba termiet of baba rysmiere in my tuin tussen my varkore ek wil nie my varkore verloor nie help asb wat kan ek gebruik wat hul sal uit roei en nie my varkore laat dood gaan asb

    • Corli van der Merwe
      Corli van der Merwe

      Hallo Belinda. Gebruik gerus die raad hier bo. Groete, Corli van der Merwe


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X