Vra vir Faffa

Tefbale word nat

Vraag

Ons het onlangs tefbale vervoer en die trok het nie seile daaroor gehad nie en die tefbale het nat gereën. Kan dit enige invloed op die kwaliteit van die produk hê?

Antwoord

As die bale styf gekompakteer was tydens die baalproses sou dit nie erg nadelig wees nie.

Slegs die buitenste 5 tot 10 cm kan dan skade kry.

Soms is die baler “losser gestel” dan kan die bale regdeur benat word, wat wel beskadiging tot gevolg sal hê.

Maak  dus net een baal oop en as dit droog binne is, is daar niks te vrees nie.

Vog is wel een van hooi se grootste vyande, veral as dit reën na dit gesny is en lê om droog te word,

of as die baal te “los gebaal” is en dit deurtrek kan word met die water.

Water kan uitloging van voedingstowwe veroorsaak, maar die grootste probleem is verrotting en groei van swamme, wat dan ook siektes by diere veroorsaak.

Rotte en muise se grootste probleem is die verwydering/vreet van hooi, maar as getalle so toeneem dat daar neste gemaak word en baie urine en mis op die hooi beland, verlaag dit inname.

Voorsorgmaatreëls soos rot- of muisgif moet versigtig hanteer word om vergiftiging van die herkouers te voorkom.

Indien daar dooie knaagdiere of selfs ‘n slang in die baal is, kan lamsiektegifstof ingeneem word en vrektes voorkom. Sorg altyd dat diere teen lamsiekte ingeënt is.

Die “wrapping” of toedraai van bale is een van die beter uitvindsels in modern tye.

Dit bied uitstekende beskerming teen reën en ander eksterne elemente.

As die materiaal redelik klam gebaal en bedek word, bied dit verdure voordeel in die vorm van kuilvoer.

As dit droog gebaal en bedek word, beskerm dit die hooi teen alle klimaatselemente.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

19 Junie 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X