Vra vir Faffa

Taai en dik biesmelk

Vraag

'n Leser het opgemerk dat 'n ooi se melk dik en taai is en die lam kry dit nie gedrink nie. Wat veroorsaak dit?

Antwoord

Vraag:
Ek het nou al ‘n paar keer gesien dat van my lammers dun is. By nadere ondersoek blyk dit dat die ooi se melk dik en taai is. Dit is ook gewoonlik redelik min. Die lam kry dit nie gedrink nie. Wat veroorsaak dit? – Hendrik van der Linde (hendrik1@yebo.co.za)

Antwoord:
Wat veroorsaak dik en taai biesmelk?

  • Dik en taai bies word veroorsaak deur ‘n tekort aan deurvloeiproteïen.
  • Deurvloeiproteïen is proteïen wat nie in die skaap se grootpens afbreek nie, maar deurvloei na die melkpens (abomasum).
  • Hierdie proteïen word in die melkpens verteer en aminosure word vrygestel.
  • Hierdie aminosure is noodsaaklik vir uierontwikkeling, melk- en biesproduksie, spiervorming en wolgroei.
  • Dik en taai bies kom veral op droë weiding voor, maar tot ‘n derde van die ooie op groenvoer het ook dié probleem; ooie wat hoë ureumbevattende lekke of baie mielies ontvang, produseer ook hierdie tipe bies.

    Hoe dit voorkom kan word:
    Die enigste manier om dit te voorkom, is om Voermol Maxiwollekmengsel (250 kg Maxiwolkonsentraat + 200 kg mieliemeel + 50 kg sout) aan ooie vanaf vier tot ses weke vóór lam tot minstens agt weke ná lam te voer, teen 300 tot 500 g/ooi/dag.

     

  • Geskryf deur dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere, info@voermol.co.za

    28 November 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X