Vra vir Faffa

Swere en siste

Vraag

'n Skaap se longe vol siste en swere die lewer is bleek en lyk soos gaar lewer. - Eileen (ja&dogters@bosberg.co.za)

Antwoord

Vraag:
‘n Skaap se longe vol siste en swere die lewer is bleek en lyk soos gaar lewer. – Eileen (ja&dogters@bosberg.co.za)

Antwoord:
U navraag verwys na swere en siste. Eerstens moet ons onderskei tussen ‘n sweer en ‘n sist. ‘n Sweer, wat ‘n ettergevulde sak is, word ook ‘n abses genoem. ‘n Sist is ‘n vloeistof gevulde sak en bevat nie etter nie.

Absesse word gevorm wanneer ons weefselskade of infeksie in die liggaam kry, wat dan verrotting in die liggaam veroorsaak. Verskeie bakterieë, soos Corynebacterium, Arcanobacterium en Actinobacillus is verantwoordelik vir absesformasie in diere. Die enigste manier om tussen hierdie absesse te onderskei, is om ‘n monster te neem en weg te stuur vir kweking en identifikasie. Dit word gewoonlik deur u plaaslike veearts gedoen. Diere wat absesse het, kan ander diere aansteek. Raadpleeg u plaaslike veearts in verband met voorkoming van hierdie absesse. As hierdie absesse tot die longe beperk is, is dit moontlik dat ‘n bakterie soos Pasteurella verantwoordelik is. In dié geval sal inenting met ‘n produk soos Multivax-P (Reg. No. G1517 Wet 36/1947) nuttig wees.

Siste is heeltemal ‘n ander saak. Siste wat in skape voorkom, is die tussenstadium van lintwurms. Die volwasse stadium van sekere lintwurms kom in honde en jakkalse voor en speel ‘n rol in die oordraging van hierdie wurms na die skape. Dit is baie belangrik om te weet dat die een spesie lintwurm (Echinococcus) soortgelyke siste in mense kan veroorsaak, wat dan ook in die mens se lewer, longe, of selfs brein kan vorm. Elkeen van die siste bevat duisende klein lintwurmkoppe, wat ‘n bron van besmetting is. Indien so ‘n sist vir honde gevoer word, ontwikkel die lintwurms in die hond en dan word lintwurmeiers in die mis van die honde uitgeskei wat dan die hele plaas kan besmet.

Om die lintwurms wat siste in skape vorm, te beheer, moet ons nie rou afval soos longe, lewer, hart of ‘n diafragma wat siste mag bevat, vir die honde voer nie. Honde moet ook ontwurm word met ‘n middel wat doeltreffend is teen hierdie lintwurms. Raadpleeg u veearts in verband hiermee.

5 Mei 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X