Vra vir Faffa

Stofbeheer en om mors van kos te beperk

Vraag

Ek het my eie lusern en mieliekafmengsel wat ek as byvoeding vir skape gee (Gee Maxiwol Readymix ook as byvoeding), om weiding te rek, maar sukkel met vermorsing en stof by skape. Wat kan ek doen dat dit klam is, maar nie muf in die sak nie soos bv. die produkte wat Voermol bemark?

Antwoord

Die beste manier om die stof te demp, is om 1000 kg ruvoer met ongeveer 100 tot 150 kg Voermol Voermelasse te meng of dit daaroor te spuit. Vermorsing van ruvoer kan slegs beperk word deur dit in spesiaal ontwerpte hooirakke te voer of om dit te verpil. Deur egter die ruvoer met Voermol Voermelasse te meng of te bespuit, vreet die skape dit beter omdat dit smaakliker is en sodoende help dit om vermorsing te beperk. 

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
9 Junie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X