Vra vir Faffa

Stoelrog, voer sorghum en babala as groenvoer

Vraag

Ek is net buite Bloemfontein en het 15 hektaar wat ek wil benut om met vee te spekuleer. Koop, maak vet en verkoop weer. Ek is nie seker van die grondtipe nie, dit is rooi sanderige grond en ek beplan om alles te besproei. Die besluit sal gegrond wees daarop of ek die vee op groenvoer kan laat wei. Ek het baie sterk boorgate waarvan die water in ‘n dam gepomp word waaruit besproei kan word. Indien dit nie moontlik is nie, sal ek aan ‘n voerkraal moet dink. Hoop ek kan ‘n groenvoer plant wat regdeur die jaar benut kan word.

Antwoord

Ongelukkig is daar nie groenvoer wat regdeur die jaar kan groei nie.

Vir die winter sal iets eenjarig aangeplant moet word:

Ek beveel Stoelrog aan. Plant in Februarie en wei  vanaf April/Mei tot Oktober.

Plant dan Voer sorghum of Baster babala op dieselfde land laat Oktober/November

En wei Desember tot Februarie.

Daar is dus 2 periodes waarin daar nie weiding is nie:

Dit is ± 40 dae in November/Desember en ± 40 dae in Februarie/Maart.

Hierdie 2 periodes kan verkort word deur ‘n gedeelte van die Sorghum of Babala te rus vroeër

in die seisoen en dan in Maart/April te wei.

Soortgelyk kan ‘n gedeelte van die Stoelrog gespaar en dan in Oktober of selfs November te wei.

In die somer kan meerjarige weiding (Smutsvinger/Rhodesgras mengsel of Bloubuffelgras) geplant word.

Maar dan moet Stoelrog op ‘n afsonderlike oppervlak vir die winter geplant word.

Hoop dit help.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

www.GrassSA.co.za

10 Februarie 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Stoelrog, voer sorghum en babala as groenvoer

  1. mkruger
    mkruger

    Ek het so week of terug by Agricol aangeklop vir dieselfde hulp.
    In kort was die bevinding basies dit.
    Ek kan op babala/voersorgum so +- 500 skape op 40 ha “voer”.
    Op dieselfde 40 ha as ek smutsvinger plant en sny en bemes kan ek ook 500 skape “voer”.
    Verskil is dat ek nie elke jaar die smutsvinger sal moet hervestig nie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X