Vra vir Faffa

Spuit vir spons-, milt- en lamsiekte

Vraag

Hoe gereeld moet spons-, milt- en lamsiek gespuit word? Watter soort medikasie word aanbeveel? - Hennie Graaff (hennie.graaff@unilever.co.za)

Antwoord

Vraag:
Hoe gereeld moet spons-, milt- en lamsiek gespuit word? Watter soort medikasie word aanbeveel? – Hennie Graaff (hennie.graaff@unilever.co.za)

Antwoord:
Sponssiekte word deur die bakterium Clostridium chauvoei veroorsaak, lamsiekte deur ‘n gifstof (toksien) wat die bakterium Clostridium botulinum afskei en miltsiekte deur die bakterium Bacillus anthracis.

Die entstof vir sponssiekte word gemaak deur die bakterieë in ‘n fermentor te groei en dan dood te maak met formalien en aluin by te voeg as adjuvant. Die entstof is dus ‘n dooie entstof wat ons ‘n anakultuur noem omdat dit bakteriese selle sowel as ‘n gifstof (toksoïed) bevat wat die bakterieë afskei.

Die entstof vir lamsiekte word gemaak deur die bakterieë in ‘n fermentor te groei en dan die gifstof wat afgeskei word met formalien te verander in ‘n toksoïed wat met aluin toevoeging as enstof gebruik word.

Miltsiekte entstof is ‘n suspensie van lewendige spore van ‘n opgekapsuleerde avirulente (veroorsaak nie siekte nie) stam (Sterne 34F2) van Bacillus anthracis. Dis is dus ‘n lewende entstof. Belangrik om te weet is dat kalwers wat gebore word deur kolostrum immuniteit beskerm word as hulle genoeg bies binne die eerste 8 uur na geboorte inneem. Kalwers word alleen beskerm as die koei teen die siekte ingeënt was en oor genoeg serkulerende teenliggame beskik.

Kalwers word dan vir die eerste keer op 3-6 maande geënt wat ons die primêre enting noem. ‘n Skraagdosis MOET na 4 weke gegee word om die verlangde immuniteit in kalwers te verkry.

Aangesien miltsiekte ‘n lewendige entstof is hoef slegs ‘n primêre dosis jaarliks gegee te word. Antibiotika moet nie gelyktydig met miltsiekte entstof toegedien word nie aangesien die bakterieë gedood sal word. Daarna word beeste jaarliks ingeënt.

Volgens wet MOET alle beeste jaarliks met miltsiekte entstof geënt word.

Intervet het die volgende entstowwe:
Supavax (Reg. No. G2643 Wet 36/1947). Vir milt-, lam- en sponssiekte.
Duovax (Reg. No. G2328 Wet 36/1947) (Skraagdosis vir Supavax). Vir lam- en sponssiekte.
Blanthrax (Reg. No. G1593 Wet 36/1947). Vir milt- en sponssiekte.
Anthravax (Reg. No. G2064 Wet 36/1947). Vir miltsiekte.
Botuvax (Reg. No. G2193 Wet 36/1947). Vir lamsiekte.
Sponsvax (Reg. No. G2063 Wet 36/1947). Vir sponssiekte.

 

  • Dit is belangrik om te onthou dat die gebruiksaanwysings sorgvuldig deurgelees en nagevolg moet word.
  • Die koue ketting moet nie gebreek word nie.
  • Gesteriliseerde naalde en spuite moet gebruik word, want siektes kan oorgedra word.
  • Swak, maer en siek diere ontwikkel nie ‘n goeie immunitiet nie.Waar beeste hoerdermis gevoer word, is dit ‘n moet dat beeste geënt word met lamsiekte entstof en ‘n goeie immuniteit ontwikkel eers 2 weke na die skraagdosis toegedien is.

    Waar voerbale met plastiek toegemaak word, kom lamsiekte al hoe meer voor. Knaagdiere gaan in die bale in waar hulle soms vrek, en die lamsiekte kieme vermeerder in die karkasse en skei gifstof af. Voer met ‘n hoë proteïen inhoud is ook ‘n goeie kweekbodem vir kieme wat suurstof opgebruik en dan die lamsiekte kieme kans gee om te vermeerder.

    Gewoonlik is sponssiekte ‘n probleem van beeste 3 jaar en jonger maar uitsonderings kom altyd voor. Beeste wat gevoer word, is ook baie meer vatbaar vir die siekte. As beeste se tande wissel is die seertjies in die mond, die ideale plek vir sponssiekte kieme om die liggaam binne te dring.

    Waar sponssiekte ‘n erge probleem is, moet skraagdosisse elke 9 maande gegee word.

    7 Februarie 2004


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X