Vra vir Faffa

Springbokkloue wat uitgroei

Vraag

Ek het ‘n mak springbokram op my kleinhoewe. Dit lyk vir my of sy kloue baie lank geword het. Ek weet nie of ek dit net altyd misgekyk het nie, maar ek sien dit nou heeltyd raak. Is dit normaal of moet iets daaraan gedoen word?

Antwoord

Springbokke in hulle natuurlike habitat hardloop en loop baie rond en so word hulle hoewe natuurlik geslyt. Die natuurlike habitat se oppervlakte is gewoonlik klipperig en hard wat ook bydra dat die hoewe gevorm word. Die springbok sal gevang moet word en sy hoewe met ‘n hoefskêr reggesny word. Indien dit nagelaat word, mag die dier vrotpootjie ontwikkel en die dier se beenformasie mag ook benadeel word aangesien die dier al hoe meer op die agterkant van die hoewe sal begin loop.

Raadpleeg u veearts om u behulpsaam te wees.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartsenykonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
4 September 2010

Kommentaar

Een kommentaar op “Springbokkloue wat uitgroei

  1. Jaco de Bruin
    Jaco de Bruin

    Ek stem saam met Dr Faffa. Dit word telkens onderskat wat die tempo van Hoef Groei is. As n Hoefsmid deel ek gereeld hiermee. Perde se Hoewe en Beeste se Kloue groei amptelik teen 5mm per maand. Ek is nie seker wat die amptelikke tempo van Groei op Wild se kloue is nie. Slytasie deur natuurlikke oefening op n natuurlikke oppervlakte is dus baie belangrik. Indien die kloutjies dus alreeds te lank geword het, moet dit korter gesny word. Besoek gerus die Webblad http://www.dairysmid.com om te sien hoe kloue gesny moet word.
    Jaco de Bruin
    0828546970
    http://www.dairysmid.com


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X