Vra vir Faffa

Sponssiekte in wild en beeste

Vraag

Antwoord

Vraag: Hoe algemeen is dit vir sponssiekte (Clostridium chauvoei) spore om vir ‘n lang periode dormant in die spiere van beeste en wild te lê ?

Antwoord: Ons weet nie. Om te soek vir spore is soos om te soek vir ‘n naald in ‘n hooimied.

Vraag: Het elke koei, wat nie teen sponssiekte ingeënt is nie, spore in hulle spiere? 

Antwoord: Dit is onbekend.

Vraag: Is ‘n sponssiekte-uitbreek tans ‘n rare  gebeurtenis?

Antwoord:  Onwaarskynlik dat dit ‘n rare gebeurtenis is deurdat  sponssiekte  veroorsaak deur C. chauvoei so algemeen voorkom dat meeste boere in SA beeste teen hierdie bakteriese siekte inent.

Vraag: Soos ek verstaan kom die bakterieë natuurlik in die dermkanaal en grond voor. Die vraag is, is die aantal bakterieë (in die grond en daarna na inname in die derm) die faktor wat die absorpsie van bakterieë in die bloedstroom van die dier bepaal met die voorkoms van onmiddellike siekte (akuuut na ingestie) of spoorvorming in die spier?

Antwoord: Hierdie is huidiglik onbekend.

Vraag: Die rede waarom hierdie vraag gevra word, is dat wanneer daar ‘n geval van sponssiekte in ‘n onlangs ingekoopte kudde voorkom, hoe sal mens weet of die dier die bakterieë op jou plaas opgetel  en onmiddellik siek geword het en of die spore reeds in die spiere teenwoordig was en die siekte eers na ‘n geveg tussen diere te voorskyn gekom het?

Antwoord: Deurdat die infeksie van sponssiekte dae tot maande voorheen kon geskied het (vasgestel deur bestudering van epidemiologie), sou dit baie moeilik wees om presiese datums van infeksie vas te stel. Ons weet dat spierkneusing die voorkoms van infeksie aanhelp. Diere wat in ‘n boma aangehou word, kan mekaar stamp en diep kneusing veroorsaak.

Vraag: Ek dink nie penisillien maak dormante spore in die spiere dood nie, maar sou inenting teen sponssiekte dit wel doen?

Antwoord: Die vegetatiewe stadium (seldeling) sal wel deur penisillien gedood word. Clostridiumspesies groei  baie vining as hulle eers in die vegetatiewe stadium is. ‘n Mens kan diere voor die voet met ‘n langwerkende penisillien behandel voordat hulle vrygelaat word om te voorkom dat boma geassosieerde sponssiekte voor kom.

Vraag: Ek dink nie penisillien maak dormante spore in die spiere dood nie, sou inenting dit kon doen?

Antwoord:  Die entstof is ‘n toksoїed (toksien geїnaktiveer deur formalien) en kan dus terselfdertyd toegedien word want penisillien sal niks daaraan doen nie.  Vir behoorlike beskerming behoort ‘n skraagdosis van die entstof  4 weke later gegee te word en  wat waarskynlik nie moontlik in jou geval sou wees nie. ‘n Enkel dosis van die toksoїedentstof  sal baie swak beskerming gee en is daarom waarkynlik ‘n mors van tyd.

Geskryf deur: Dr. Marijke Henton, Bakterioloog, Vetdiagnostix laboratorium, Johannesburg  (Henton@vetdx.co.za)

24 September 2017

Also visit https://en.wikipedia.org/wiki/Blackleg_(disease)

 

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X