Vra vir Faffa

Split in ram se teelsak

Vraag

Buiten die feit dat ‘n diep split in ‘n ram se teelsak nie goed lyk nie, is daar enige beproefde nadele daaraan verbonde? Ek het lankal verstaan dat dit weer ‘n split in vroulike nageslag se uiers veroorsaak wat melkproduksie benadeel – is dit waar en bewys?

Antwoord

Ek kon geen wetenskaplike bewyse kry dat dit nadelig is nie, maar dit word algemeen as ‘n defek beskou (beide in Amerika en Australië) en telers word aangeraai om daarteen te selekteer. Ek kry geen wetenskaplike studies oor die oorerfbaarheid daarvan nie, maar wel aanbevelings dat die split nie groter as 2 cm of 5 cm moet wees nie.

Dis net die Somali’s wat erken dit kom by hulle bokke voor (Fotos hieronder; http://www.esgpip.org; Girma Abebe), so ek dink nie dit beïnvloed vrugbaarheid nie, mits die testis normaal is. Dit lyk op hierdie foto’s wel asof dit baie erg gesplit kan wees ook. (Een boer het wel op ‘n blog gesê die ureter was ook gesplit, met die gevolg dat urien die hele tyd uitgelek het).

MAAR: die probleem by stoetdiere is dat as kopers daarteen diskrimineer, dit dan nadelig is. Heelwat van hierdie tipe bouvormafwykings is tog hoogs oorerfbaar. So indien so ‘n ram gebruik word en meeste van sy ramlammers toon dit en kopers wil hulle nie koop nie, dan het jy ‘n probleem in jou kudde ingeteel wat jy weer moet uitteel. So op hierdie stadium kan dit dalk die ras skade doen as sulke ramme toegelaat word en kopers diskrimineer daarteen.

Vir die volledige artikel met foto’s besoek onderstaande aanhangsel.

Bron: Girma Abeba: Chapter 5: Reproduction in Sheep and Goats. http://www.esgpip.org/HandBook/Handbook_PDF/Chapter%205_%20Reproduction%20in%20Sheep%20and%20Goats.pdf

Geskryf deur: dr. Helena Theron PhD, SA Stamboek en Diereverbeterings-Vereniging,

helena@studbook.co.za 

5 Mei 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X