Vra vir Faffa

Speenkalwers – gewigstoenames en bemarking

Vraag

Is dit beter om speenkalwers aan die voerkrale te verkoop of om hulle self af te rond op die veld en dan te bemark? Wat is die ideale gewigstoenames van kalwers in die voerkraal asook op die veld?

Antwoord

Speenkalfverkope vs afronding van speenkalwers

Tradisioneel verkoop meeste beesboere hul kalwers op speentyd aan voerkrale of aan persone wat sogenaamde “backgrounding” doen. Die vraag of ‘n boer sy speenkalwers moet verkoop word in hoofsaak deur drie faktore bepaal :
1)    Prys van die kalwers – bepaal of dit die moeite werd is om te verkoop of terug te hou.
2)    Beskikbare grondstowwe en die prys daarvan bv. as mielies beskikbaar is op die plaas en die mielieprys is laag is dit die moeite werd om self te voer.
3)    Fasiliteite – vir afronding van kalwers is daar sekere fasiliteite nodig bv. krale, voermengers, ens. Hoe meer kalwers afgerond word, hoe belangriker raak fasiliteite.
As ‘n mens na die groeikurwe van ‘n bees kyk , dan moet kalwers later as speenouderdom verkoop word om die positiewe groeikurwe te benut.
Gewigstoename
As breë riglyn geld die volgende :
Voerkraal : 1.5 tot 1.8 kg/bees per dag
Somerveld (ongeveer 6 maande op die Hoëveld) : 700 – 900 g / bees per dag. Gedurende die piek somerperiode ( November – Januarie) is daar beeste wat meer as 1.2 kg per dag groei.
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
27 April 2011
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X