Vra vir Faffa

Speenkalf- versus osboerdery

Vraag

: As ek met osse wil boer op die veld, op watter ouderdom sal ek die meeste wins maak? Sekere mense sê op 3 jaar. Is dit so en hoe vergelyk dit met speenkalfboerdery (ek wil so min as moontlik voer)?

Antwoord

Voor- en nadele van die verskillende stelsels

 

                                            Speenkalfstelsel

 

                Voordele                                                   Nadele

Siklies   baie hoë pryse

Speenkalfpryse   wisselvallig

Hoë seleksiepotensiaal   – groter kudde

Vervangingsverse   jonk geselekteer

Hoë   kwaliteit kernkudde na droogte

Teelkudde   verklein tydens droogte

Geen   risiko na speen

Lang   herstelperiode na droogte

 

Min   bemarkingsopsies

 

 

                                         Tollie- en osstelsel

 

Voordele                                                                    Nadele

Besluit   makliker om te verminder

Tollies   nie markklaar op 18-22mnde

Teelkudde   bly dieselfde met droogte

Afronding moet   gedoen word

Meer bemarkingsopsies

Moontlike   verliese na speen, siektes, parasietbeheer

Makliker   bestuurbaar

Kontantvloeiprobleme   kan ontstaan

Kompensatoriese   groei word benut

 

Tyd van   positiewe groei word benut

 

 

 

 

 

 

Opsomming

 

  • Die plaas waarop geboer word, sal die produksiestelsel bepaal. Ekonomies is daar tans min verskille tussen die twee produksiestelsels
  • Bemarking is ‘n probleem by 18 maande en ouer diere
  • Prys van graan speel ‘n groot rol.
  • Geel vet vs wit vet
  • “Grass fed beef” mag dalk ‘n prysvoordeel hê by bemarking.
  • Produsent moet die prys bepaal (nie die koper nie)
  • Veldaangepaste diere is baie belangrik as daar met osse geboer word.

 

Inligting verskaf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)

 

  • My eerste vraag sal wees waar gaan die osse bemark word en is daar ‘n aanvraag vir die groter karkasse? Die groter abattoirs wil gewoonlik nie sulke groot karkasse hê nie.
  • Wat is die voerstelsel wat toegepas gaan word: weiding met ‘n lek of ‘n aanvullingsrantsoen want daar word melding gemaak dat daar so min as moontlik gevoer wil word.
  • Daar moet besluit word of diere ‘n inplantaat vir verbeterde groei gaan ontvang. Indien wel, sal die diere goeie voeding moet  kry.
  • Kry hulp van ‘n  veearts sodat die proses goed beplan kan word  soos bv. inentings, parasietbeheer en toediening van groeibevorderaars vanaf speen tot op 36 maande.

 

Inligting voorsien deur: dr Shaun Morris, Voerkraalkonsultant (ksmorris@mweb.co.za)

18 Oktober 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X