Vra vir Faffa

Souttolerante weidings

Vraag

Wat is 'n baie goeie souttolerante weiding (s) (of selfs kontantgewas) vir grond maar waar daar ook brakwater beskikbaar is as enigste besproeiing.

Antwoord

Die twee soutbestande grasgewasse (Halofiete), waarvan ek weet, is gars (Hordeum) en Rhodesgras (Chloris gayana). Laasgenoemde het teen die water van Soutpan (die ou proefplaas van die ou Transvaalstreek noord van Pretoria) gegroei. Buitelandse literatuur dui  van die Paspalum spesies as soutbestand aan. In SA is Paspalum notatum en P. dilatatum beskikbaar, maar sover my kennis strek, is hulle nog nooit vir souttoleransie getoets nie. Jammer vir ‘n vae antwoord, maar ek sal Rhodesgras aanbeveel.

Geskryf deur:

Prof. Chris S Dannhauser

Weidingskundige, Grass SA,

Sel: (+27) 082 873 4736

E-pos: chris@GrassSA.co.za of chriswei@vodamail.co.za

5 Oktober 2014


Kommentaar

Kommentaar (2) “Souttolerante weidings

  1. David Krynauw
    David Krynauw

    Probeer seldery as kontantgewas

  2. Kalahari Kind
    Kalahari Kind

    Ek het die mooiste beet op natrium brak grond verbou. Dit was uitermate soet n mooi groot. Doen gerus ‘n toets. Beet neem blykbaar die sout op.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X