Vra vir Faffa

Sonbrandmiddel vir honde

Vraag

Hoe kan honde - veral dié met ligte kolle - teen die skadelike strale van die son beskerm word?

Antwoord

Vraag:
My hond het wit/pienk kolle waar die vel nie donker pigmentasie het nie, wat deur die son gebrand word. Is daar enige sonbrandmiddel (behalwe aanspuit) wat ek vir die hond kan gebruik? Of is daar dalk iets wat saam met die hond se kos ingegee kan word? Dit gaan moeilik met die aanspuitmiddel omdat ons sukkel om die hond stil te hou. – Werner Krugel (wkrugel@lantic.net)

Antwoord:
Die enigste sondbrandmiddel wat tans op die mark is vir honde, is Kyron se Petscreen SPF 23. Dit kom in ‘n 100ml-spuitbottel.

Dit is moontlik dat die hond nie van die spuitgeluid hou nie en dat dit veroorsaak dat dit moeilik is om die hond stil te hou. U kan probeer om eers die sonbrandmiddel op ‘n wattetjie te spuit en dan die sonbrandmiddel met die watte op die verskeie gedeeltes op die hond te vryf. U kan egter ook enige sondbrandroom vir mense op u hond gebruik.

 

  • Geskryf deur Dr Sunelle Strydom, Intervet

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X