Vra vir Faffa

Sojasifsels met olieboom- en “morning glory” saad as veevoer

Vraag

Is dit raadsaam om sojasifsels wat olieboom- en "morning glory" saad bevat vir skape te voer? Hoeveel van elke onkruid kan 'n skaap hanteer?

Antwoord

Die olieboomsaad (Datura spesies) bevat gifstowwe wat onder andere die maagdermkanaal se normale beweging kan beperk of heeltemal laat stilstaan. Die grootpens (rumen) se beweging neem af of gaan staan en daar kan impaksie en verstopping in die dermkanaal wees. Die purperwinde (“morning glory”) saad (Ipomoea spesies) kan senuweesimptome veroorsaak, maar dit blyk dat die saad in Suid-Afrika baie minder giftig is as die saad van byvoorbeeld plante in die Amerika’s.

 Dit is dus altyd raadsaam om nie besmette voer beskikbaar te stel nie. As dit prakties moontlik is en die sojasifsels groter as die sade is, kan u dit probeer uitsif. Indien dit nie prakties is nie en nog steeds wil gebruik, kan u dit eers aan ‘n klein groepie minder waardevolle skape (bv. so 10 hamels) voer teen die hoogste vlak van insluiting in die rantsoen. Hou die skape dop vir so 1-2 weke en indien u van mening is dat dit veilig is, kan u dit verder verdun met goeie kwaliteit hooi en aan die res van die kudde voer.  Skape is gelukkig minder vatbaar vir Datura-vergiftiging, maar moet dit byvoorbeeld nooit aan perde voer nie.

Geskryf deur: prof. Christo Botha, Toksikoloog, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

(christo.botha@up.ac.za)

17 Mei 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X