Vra vir Faffa

Sny van tef

Vraag

Ek boer in Leeudoringstad en het so ‘n maand terug tef geplant. My vraag is wanneer is die beste tyd om die tef te sny en waarmee gaan ek die beste snyresultate kry , met `n slasher of met `n sekelsnyer. Hoe lank onder normale omstandighede neem die hooi om droog te word en kan ek die hooi vir my skape ook voer?

Antwoord

Tefhooi kan gesny word sodra die saad begin verskyn (maar nie so laat soos in vol-saad stadium nie).

‘n Sekelsnyer doen die beste werk, alhoewel baie met ‘n “slasher” sny. Dit kap die hooi te fyn.

Op ‘n warm dag, soos ons nou het, kan jy vroegoggend sny en selfs teen 16:00 –17:00 dieselfde dag baal, as ‘n hooiklitser (tedder) beskikbaar is. Andersins die volgende dag.

Alhoewel perdeboere erg is oor tefhooi, kan jy dit beslis vir skape voer.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige  (chriswei@vodamail.co.za) www.GrassSA.co.za

Lees ook:

https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/verhoging-van-drakrag-van-weiding-in-noordwes/

8 Desember 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X