Vra vir Faffa

Slegte asem by hond

Vraag

'n Leser vra raad vir haar worshond se slegte tande en asem en een van ons kundiges help.

Antwoord

Vraag:
My worshond is my lewe en ek kan sien dat hy baie sukkel om te kou. Ek gee sagte kos en wil net weet wat ek kan doen omtrent die slegte asem en vir die tande wat sleg is. Ek het nie baie geld nie, maar wil dit nie net so los nie. – Amanda (amanda@ultimatespray.co.za)

Antwoord:
Dit klink vir my asof u worshond periodontitis het. Periodontitis verwys nie net na vuil, gekleurde tande nie. Periodontitis verwys na inflammasie van die weefsel rondom die tand.

In die meeste gevalle behels die behandeling van periodontitis dat daar dikwels eers ‘n kursus antibiotika oor ‘n paar dae of selfs weke gegee word om sodoende die bakteriese lading in die hond se bek te verminder. Daarna word die hond narkose gegee en die tande onder narkose skoongemaak en gepoleer.

Voorkoming van periodontitis is dus belangrik en sluit die volgende in:

  • Honde kan van kleins af geleer word om mens toe te laat om hul tande te borsel.
  • Deur nie nat kos te gee nie. Nat kos maak dit maklik vir bakterieë om aan die tande vas te klou en dit bevorder dus sodoende die ontwikkeling van periodontitis.
  • As die hond kou, bevorder dit die natuurlike meganismes waardeur periodontitis voorkom word – daar is verskeie speelgoed, velbene, hoewe ens. beskikbaar wat kou aksie stimuleer.

    Vir tydelike verligting van die inflammasie en slegte asem, kan u Orovet (Medpet Pty Ltd) by u veearts koop. Dit is ‘n chloorheksidien sproei wat in die hond se bek gespuit word. Ek beveel egter aan dat u, u plaaslike veearts besoek en die regte behandeling soos hierbo uiteengesit sal volg aangesien die hond se welsyn daarvan afhang.

    Ek neem aan dat u weet hoe seer tandpyn is. Onthou egter dat honde hulle pyn tot ‘n mate wegsteek en ons dus baie keer nie besef dat hulle pyn het en hoeveel pyn hulle het nie.

    Verwysing:
    MedicineNet.com webblad soos op 4 April 2009.

     

  • Geskryf deur: Dr. Sunelle Strydom (BVSc).

    21 April 2009


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X