Vra vir Faffa

Skaapram se oor geswel

Vraag

My skaapram se oor is dik opgeswel. By nadere ondersoek het ek gevind dat die oor vol bloederige vog is. Ek het dit gedreineer met 'n naald, maar die oor hou aan vog opbou. Wat veroorsaak die toestand en wat is die regte behandeling daarvoor? - Leonie (jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord

Vraag:
My skaapram se oor is dik opgeswel. By nadere ondersoek het ek gevind dat die oor vol bloederige vog is. Ek het dit gedreineer met ‘n naald, maar die oor hou aan vog opbou. Wat veroorsaak die toestand en wat is die regte behandeling daarvoor? – Leonie (jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord:
Dit klink vir my asof u ram ‘n kondisie met die naam van othematoom het. Dit is ‘n aansameling van vog in die oor, tussen die twee lae kraakbeen, wat bestaan uit ‘n bloederige vloeistof. Dit is ‘n kondisie wat redelik algemeen in honde voorkom, maar selde in plaasdiere. Heel waarskynlik is daar bosluise in die ram se ore, wat veroorsaak dat hy sy kop baie skud of met sy agter-kloutjie aan die oor krap. Bytende vlieë wat die ore byt, kan veroorsaak dat die ram sy kop skud of met sy ore teen voorwerpe skuur.

Ramme wat baklei, kan ook selfs ‘n stamp op die oor kry wat die bloeding in die oor veroorsaak.

Die kondisie kan behandel word deur die vog te dreineer, ‘n stukkie vel van die ore te verwyder en steke in te sit sodat die vel aan die oorkraakbeen vasheg en daarna ‘n drukverband daarop te plaas. Sprei die ore ook met vlieë-afweerder bv. piretroïede (Deltab, Delete X5 of Difly Wound Spray). Hierdie kondisie is soortgelyk aan rugbyspelers wat in die skrumdruk en sg. blomkoolore kry. Ek beveel aan dat u die plaaslike veearts oor die probleem nader.

Deltab (Reg. No. G2517, Wet 36/1947 – Namibia Reg. No. N-SR 0915)
Delete X5 (Reg. No. G3279, Wet 36/1947 – Namibia Reg. No. N-SR 1118)
Difly Wound Spray (Reg. No. G2155, Wet 36/1947 – Namibia Reg. No. N-SR 0725)


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X