Vra vir Faffa

Skaapprobleme in die Oos-Kaap

Vraag

Ons boer in die Elandsrivier (tussen P.E en Humansdorp) Oos-Kaap area. Ons plaas is baie laag in 'n kom gele? en hartwater is 'n baie groot probleem. Ek het so 150 dorper ooie, 'n paar meatmaster ooie en dan 6 goeie meatmaster ramme. Elke Januarie/Februarie behandel ek my skape met Multivax. Ek sukkel geweldig met parasiete soos haarwurm en dan elke denkbare vorm van bosluisoordraagbare siektes, veral natuurlik hartwater. My skape het af en toe maagwerkings en dan het ek hierdie jaar ook 'n kwaai uitbreek van "pienk eyes" gehad. Ek vind ook dat alhoewel ek goeie weiding het - aangeplante grasgewase en lusern, my skape en lammers nie genoegsaam gewig optel nie. Die groot probleem is egter, ek moet gereeld blok en dip om hartwater te voorkom - hoe doen ek dit effektief sonder om die skaap se natuurlike weerstand af te breek? Ek wil ook weet waar kan ek 'n kleurkaart kry om te kyk vir bloedarmoede veroorsaak deur haarwurms. Hoe gereeld moet ek doseer in die somermaande en hoe moet ek my krale uitlê om parasiete tot die minimum te beperk. Ek kan nie bekostig om te kraalvoer nie. Die mortaliteit vir diere in die Elandsrivierarea is redelik hoog. Het u enige voorstelle behalwe verkoop? Ek probeer my skape gehard maak vir die area en wil dus nie te veel mors met hul immuniteitstelsels nie. Ons dip elke skaap afsonderlik met ‘n handspuit, maar bloubosluise kry die oorhand, alhoewel ons soms ons gifsoorte verander. Ek kan al amper die Mönnig en Veldman se handboek oor veesiektes soos die Bybel kwoteer en het nou bietjie vars inligting nodig. Baie dankie, Patsy

Antwoord

Meeste van die probleme wat aangeroer word, se antwoorde is alreeds beskikbaar op Vra vir Faffa:

Hartwater:  Hartwaterbeheer in kleinvee in die Oos-Kaap
 
Seer o?:     Oogprobleme by kleinvee en beeste
                 Probleme met uitpeuloog?
                 Ooginfeksie by skape (oë raak blou, wit van oog is bloedrooi)
                 Oogsiektes
 
Kleurkaart (Famacha-sisteem) is verkrygbaar deur jou veearts of NWKV verteenwoordiger:
                 Só werk FAMACHA-sisteem
                 Waarom FAMACHA-opleiding?
 
Interne parasietbeheer:
                 Holistiese parasietbestuur
                 Dosering van kleinvee
                 Ontwurming van skaaplammers
                 Wurmmiddels vir skape en bokke
                 Klassifikasie van wurmmiddels
 
Eksterne parasietbeheer:    
                 Bosluisprobleme by skape
                 Karoo-bosluisverlamming
                 Bruinverlammingsbosluis
                 Chemiese beheer van bosluise
 
Druk vir jou al die relevante artikels uit sodat dit byderhand is.
 
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartsenykonsultant.
 
20 November 2009
 
 
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X