Vra vir Faffa

Skaapneus-, uitpeuloog- en papievlieë

Vraag

'n Leser vra vir meer inligting oor skaapneus-, uitpeuloog en papievlieë en een van ons kundiges help.

Antwoord

Vlieë mag produksie op verskillende wyses ongunstig beïnvloed. Die byt van stal- en perdevlieë is pynlik en versteur weidende diere. Muggies en muskiete, wat ook onder die vlieë resorteer, dra verskeie siektes soos bloutong en slenkdalkoors oor, terwyl die gesigsvlieë ‘n wurm, Parafilaria bovicola, wat kneusletsels onder die vel van beeste veroorsaak, oordra.

Die larwes of maaiers van brommers veroorsaak weer brommeraanvalle op wolskape of spykerwurmbesmetting by beeste. Een van die mees algemene besmettings wat by skape en bokke voorkom, is besmetting met larwes van die skaapneusvlieg, Oestrus ovis, terwyl die larwes van ‘n naverwante vlieg uitpeuloog by skape en beeste kan veroorsaak. ‘n Ander naverwante vlieg veroorsaak weer velpapies by beeste en skape. Hierdie artikel beskou besmetting van vee deur die larwes van laasgenoemde drie vliegsoorte van naderby.

Klik op die skakel onderaan om die volledige artikel te lees. Dit is in PDF-formaat.

 

  • Geskryf deur: Prof. Ivan Horak, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

    29 April 2009


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X