Vra vir Faffa

Sitsiekte by vee

Vraag

Hoe behandel 'n mens sitsiekte by vee?

Antwoord

Vraag:
Hoe behandel ‘n mens sitsiekte by vee? ‘n Binne-aarse natriumjodied toediening is voorgestel? – Marc Hendrikz (leeuwdoorns@wbs.co.za)

Antwoord:
Sitsiekte is ‘n beskrywende naam vir ‘n toestand wat in beeste en skape mag voorkom. Die dier se agterlyf is verlam en hy kan nie opstaan nie en sleep homself met die voorpote vorentoe. Kenmerkend is dat die dier soms ‘n sithouding inneem met die agterpote na vore geplaas. Die toestand ontstaan gewoonlik wanneer ‘n abses in die agterste gedeelte van die werwelkolom vorm en dan ‘n drukking op die rugmurg uitoefen. Die gevolg is ‘n verlamming van die agterlyf wat geleidelik, of selfs vinnig kan intree.

Kieme dring die werwelkolom binne deur wonde, soos wanneer sterte afgesit word of deur bosluisbyte in die stertgebied. Kneusings wat deur trauma veroorsaak word, skep ideale groeiareas vir kieme soos Arcanobacterium (Corynebacterium) pyogenes wat weer in absesse oorgaan. Ek het ook al gevalle gesien waar verskeie kalwers sitsiekte ontwikkel het omdat die valhek in ‘n drukgang beserings op die kruis van die diere veroorsaak het.

Hierdie absesse het gewoonlik ‘n kapsel om en dit maak dit feitlik onmoontlik vir antibiotika om die abses binne te dring. Ek het nog nooit ‘n dier gesien wat van sitsiekte herstel het nie. Soms lyk dit of ‘n dier effens verbeter ná toediening van antibiotika om daarna maar net terug te val. My raad is om so gou as moontlik noodslagting toe te pas.

24 Julie 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X