Vra vir Faffa

Bloedderm en rooiderm by boerboklammers

Vraag

Boklammers word gesond en sterk gebore en op ouderdom tussen 2 tot 4 maande raak party swak, treurig en vrek vinnig. Met die oopmaak het ek gevind dat veral die derms baie rooierig is, die plaasarbeiders verwys daarna as rooiderm. Is daar so 'n siekte en wat kan ek daarvoor gebruik? Die meeste vrektes kom saans voor. - James le Roux (rouxvan@mweb.co.za)

Antwoord

Vraag:
Boklammers word gesond en sterk gebore en op ouderdom tussen 2 tot 4 maande raak party swak, treurig en vrek vinnig. Met die oopmaak het ek gevind dat veral die derms baie rooierig is, die plaasarbeiders verwys daarna as rooiderm. Is daar so ‘n siekte en wat kan ek daarvoor gebruik? Die meeste vrektes kom saans voor. – James le Roux (rouxvan@mweb.co.za)

Antwoord:
Daar is ‘n kondisie wat die boere “rooiderm” noem. Dit word veroorsaak wanneer diere sappige weidings, met ‘n hoë proteïenwaarde en lae ruvoerinhoud, vreet. Die gevolg is dat daar ‘n oormaat vloeibare derminhoud teenwoordig is, wat kan veroorsaak dat die derm maklik “draai”. Die derm draai (daarom die ander naam – “draaiderm”) en dit lei daartoe dat die bloedsirkulasie na die derm afgesny word, wat dan aanleiding gee tot die rooi kleur van die derm. Dit gebeur ook dikwels dat wanneer bokkies speel en spring of wanneer hoewe geknip word, dat die derm draai.

Die toestand kan verhoed word deur die proteïenwaarde van die voer te verminder deur laer konsentrasies van bemesting toe te dien en om goeie gehalte ruvoer (hooi) beskikbaar te stel.

Infeksie met sekere Clostridium-bakterieë kan lei tot bloedpens (C. perfringens tipe B) asook bloedderm (C. perfringens tipe A en C). Gifstowwe wat hierdie bakterieë afskei, lei tot vrektes en wanneer die lammers oopgemaak word, is die derms bloedrooi. Deur die ooie met Multiclos (Reg. No. G3392, Wet 36/1947) te ent voordat hulle gaan lam, word die lammers deur teenliggame in die biesmelk teen rooiderm beskerm.

4 Mei 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X