Vra vir Faffa

Seerbek behandeling

Vraag

Seerbek,vratte wat op onderlip begin en omsit in sere het ewe skielik in my geslote skaap kudde uitgeslaan. Ek huur nou nuwe weiding waarop boerbokke wat van die landelike gemeenskappe ingekoop is oor die laaste drie jaar gewei het. Vermoedelik die bron van besmetting? Is die aanname korrek? Dit het met een begin en daar is verskeie skape wat dit nou het. Ek het chloor in die drinkwater begin gooi teen 5mg/l, spuit Zeropar op besmette areas en spuit Pen.L.A waar dit begin omsit in sere. Wat moet ek doen en wat kan ek doen? Wat is die gevolg van iets soos die? Veral omdat die ooie nou begin lam en 'n klomp reeds gelam het. Hoor graag dringend van u, dok. Alex Bronkhorst

Kommentaar

Kommentaar (4) “Seerbek behandeling

  1. Jan Olivier
    Jan Olivier

    Ek het 14 jaar terug begin boer, dieselfde moeilikheid gehad, ORF geent, ander boererate gevolg wat ek nie eers meer kan onthou nie. Uit radeloosheid maar toetse begin doen. Vandag spuit ek net Supona (daai blou blik), op ‘n daaglikse basis as die vratte uitslaan. Dit brand die “blou hel”, maar na ‘n week is die geveg verby.

  2. Boertjie van die Noord-kaap
    Boertjie van die Noord-kaap

    Ent die siek diere Onderstepoort vuilbek entstof of skakel 012- 9914628 (letabvet) en vra vir vuilbek entstof.Albei werk uitstekend.

  3. Phillip
    Phillip

    Ek smeer Stockholm teer net eenmaal aan tensy dit baie erg is, dan twee keer. Baie, baie effektiewe behandeling van vuilbek.

  4. Phillip
    Phillip

    Ook wil ek net hier byvoeg dat alle lekke verwyder moet word want dit is die bron van aansteking binne die kudde as daar diere is wat vuilbek het. Ek gebruik al jare Stockholm teer teen vuilbek en dit is boonop goedkoop. Gebruik sommer `n stokkie om dit aan te wend en bedek elke seerplekkie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X