Vra vir Faffa

Seer aan donkie se nek

Vraag

Aan die begin het dit gelyk soos 'n vrat. Dit is nou egter 'n rou seer en dit ruik sleg. Sy skuur dit en dan lyk dit bloederig en groen. Ek spuit die blikkies (Terramycin, die pers goed en wondolie) spreigoed wat beskikbaar is by die koöperasie. Dit word nie erger nie, maar ook nie beter nie. - Marlene Raftopoulos (marlener@mintek.co.za)

Antwoord

Vraag:
Aan die begin het dit gelyk soos ‘n vrat. Dit is nou egter ‘n rou seer en dit ruik sleg. Sy skuur dit en dan lyk dit bloederig en groen. Ek spuit die blikkies (Terramycin, die pers goed en wondolie) spreigoed wat beskikbaar is by die koöperasie. Dit word nie erger nie, maar ook nie beter nie. – Marlene Raftopoulos (marlener@mintek.co.za)

Antwoord:
Vratte (papillomas) is baie algemeen in perde en donkies en kom veral voor op die vel, op die neusspieël en bene asook op die slymvliese van geslagsdele en oog en selfs ook op die kornea. Die vratte ontwikkel gewoonlik binne die eerste 2 jaar en oorerflike besmettings is algemeen. Immuniteit word dikwels ná infeksie opgebou.

Vratte word veroorsaak deur ‘n spesifieke virus, maar daar word vermoed dat die virus dalk ook verbind kan word met die ontwikkeling van velkanker.

‘n Tweede kondisie is ‘n kanker, wat ons ‘n sarkoïed noem en wat net soos vratte lyk wat ontsteek is. Dit word ook deur ‘n virus veroorsaak.

Wat ook gebeur is dat sekondêre kieme besmetting kan veroorsaak. Weens die skuurdery word die letsel net vererger. Die reuk en smetterigheid word deur bakteriese groei veroorsaak.

Die groeisel kan chirurgies verwyder word, maar groei gewoonlik weer. Ek het dus eintlik vir u slegte nuus. Lokale behandeling, soos ‘n daaglikse skoonmaak met ‘n ontsmettingsmiddel, gevolg deur ‘n lokale sprei met ‘n antibiotiese produk, soos Engemycin spray, Intervet Reg. No. G2981, Wet 36/1947, sal die sekondêre besmetting beheer, maar nie die vratte of kanker nie.

Dit sou die beste wees om u veearts te kry om die situasie te evalueer en om u te help om ‘n regte besluit te neem.

12 Maart 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X