Vra vir Faffa

Schistosomus reflexus

Vraag

Ek kry hierdie foto’s van ‘n boer. Die lammers se pense bars oop tydens geboorte. Weet jy dalk wat dit kan veroorsaak?

Antwoord

Die toestand word Schistosomus reflexus genoem- die ruggraat van die lammetjie of kalfie is na agtertoe gebuig met ‘n oop liggaamsholte sodat die organe sigbaar is. Die gewrigte van die ledemate mag gesluit (onbeweeglik) wees en soms mag die ledemate naby die kop geposisioneer wees. Abnormaliteite van die dermkanaal en urogenitale sisteme mag ook voorkom. Hierdie abnormaliteite veroorsaak dat lewe nie moontlik is nie. Hierdie toestand kom veral in herkouers voor en word veroorsaak deur ‘n genetiese defek gedurende die embrio se ontwikkeling. Indien daar ‘n ho? voorkoms van die toestand in die kudde voorkom, moet daar gekyk word of ‘n spesifieke ram nie dalk  ‘n draer is van die ressesiewe geen(e) wat Schistosomus reflexus veroorsaak nie.

Klik op pdf hieronder vir foto van lammetjie.
 
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
28 Julie 2011
Bronne:

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X