Vra vir Faffa

Saalsere, skoffistel en kroonsweer in perde

Vraag

Ons perd is 6 weke terug gesteel en ons het haar die volgende dag terug gekry in die plakkerskamp. Ons weet nie wat het die boewe met haar gedoen, of op haar rug gesit het nie. Daarna het sy 'n abses op haar skof ontwikkel. Dit het baie ge-etter en dit het nog steeds nie opgeklaar nie. Intussen het nog sere ontwikkel. Ons het haar daagliks met soutwater en wassoda skoongemaak en die wond behandel met wondolie, koolstof en kopersulfaat. Sy is ook antibotika gespuit. Tans gebruik ons oogpoeier as 'n alternatief, maar niks help sover nie. En nog wonde ontwikkel in abses aan die ander kant van die skof. Ons het foto's geneem. Kan dit 'n swam of bakteriese infeksie, of 'n virus wees wat die volbloed merrie aanval? Kan dit ons of die ander perde ook aansteek ?

Antwoord

Die merrie mag skoffistel of saalswere hê.

Skoffistel staan bekend as “fistulous withers” in Engels en kroonsweer as “poll evil”.

Klik op die webadresse om foto’s van die kondisies te sien asook behandeling wat in die ou dae toegepas is.

Die twee kondisies is rare inflammatoriese toestande van perde wat alleenlik van mekaar onderskei word in die plek waar hulle voorkom. Die een in die bursa van die skof en die ander in die bursa van die kroon (kop). In die vroeë stadium van die toestand is daar nie ‘n fistula (gang na buite) teenwoordig nie. As die bursale sak skeur of wanneer dit geopen word vir dreinering, kan daar sekondêre besmetting met bakterieë plaasvind. Daar is dan ‘n tipiese fistel (gang) teenwoordig waaruit etter dreineer.

Oorsaak

Die toestand kan weens ‘n besering ontstaan of mag a.g.v. ‘n infeksie wees. Brusellose kieme mag in die vloeistof van ‘n ongeopende bursa geïsoleer word en daar is alreeds gevind dat beeste met brusellose besmet kan word waar hulle met so ‘n perd in aanraking was waar die bursa gebars het en die vloeistof na buite uitgeloop het. Mense moet dus ook voorsorg tref om nie besmet te raak nie.

Behandeling

Hoe gouer met behandeling begin kan word, hoe groter is die kans op herstel. In waardevolle perde kan die bursa chirurgies verwyder word. Kontak jou veearts om jou met die behandeling te help. In chroniese gevalle is die prognose swak.

Voorkoming:

Dit is ook raadsaam om perde weg te hou van beeste wat met brusellose besmet is asook perde met hierdie toestande van beeste.

Foto’s

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1455&bih=684&q=fistulous+withers+and+poll+evil&oq=Fistulous+withers&gs_l=img.1.1.0j0i24l4.3221.14466.0.18805.17.9.0.8.8.0.430.2577.2-7j1j1.9.0….0…1ac.1.54.img..0.17.2653.dDrQkBIfF_s

Beskrywing van siekte

http://en.wikipedia.org/wiki/Poll_evil

http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/14978/004_p100-end.pdf?sequence=1

Bron: The Merck Vetrinary Manual, Tenth Edition, Merck & Co. Inc

Saalsere

Perde se vel en dieper sagter weefsel asook beenweefsel  word dikwels  onder die saal  of in die skouer area by trekperde deur die harnas,  beseer.

Kliniese tekens varieer volgens die diepte van besering en sekondêre infeksie wat mag plaasvind.

Waar net die vel aangetas is, mag inflammasie wissel van rooierigheid,  blasies, etterig en uiteindelik  nekrose (vel gaan dood). Aanvanklik is net die haarfollikels ontsteek en gaan later oor in ‘n etterige ontsteking.  Haarverlies vind plaas en die area swel, is warm en pynlik. Die vogtige of etterige uitloopsel droog uit en vorm korste.

As die onderliggende weefsel ook beskadig word, vorm daar absesse. Die absesse is warm, pynlik en geswel en etter en bloederige vloeistof kan met ‘n naald daaruit getrek word.

Kroniese sere kan ontstaan met haarfollikels wat ontsteek is en  verharding van die area vind plaas. Letsels word gewoonlik veroorsaak deur toerusting wat nie goed vir die perd pas nie.

Dit is belangrik dat toerusting so gou moontlik pas gemaak word.

Die perd moet gerus word en die veearts sal behandeling voorskryf soos bv. warm pakke, lokale en sistemiese antibiotika. Waar daar bloedaansameling (hematomas) plaasgevind het, sal dit met ‘n spuit uitgetrek word en dooie weefsel mag chirurgies verwyder word. In sekere perderasse (Quarter horse, Paint horse) is daar ‘n genetiese siekte waarvoor daar getoets kan word.

Bron: Merck Veterinary Manual, Tenth Edition ISBN 0-911910-93-X

Vir meer inligting en foto’s klik op onderstaande webadresse:

 

http://www.thehorse.com/articles/14567/saddle-sore-spots

 

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1600&bih=752&q=saddle+sores+horses&oq=Saddle+sores+horses&gs_l=img.1.0.0j0i24.2252.8752.0.12301.19.13.0.6.6.0.714.2332.2-1j4j6-1.6.0….0…1ac.1.56.img..7.12.2399.nMgHK0l2xCk

 

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

20 Oktober 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X