Vra vir Faffa

Ruspes op takbokvarings

Vraag

Ek het 'n paar pragtige takbokvarings wat op die oomblik geteister word deur ruspes. Wat kan ek doen om dit te voorkom of om die ruspes weg te hou? Ek wil verkieslik nie gif gebruik nie.

Antwoord

Sonder ‘n foto of ‘n beskrywing van die insek kan ek ongelukkig nie sê watter insek dit is en hoe om dit te beheer nie.

Larwes is baie selde ‘n plaag op takbokvarings (Platycerium spp), dus kan ek net raai dat hierdie ‘n toevallige infestasie is. Die larwes kan landmeterwurms,  bolwurms of selfs kommandowurms wees. As u net ‘n paar plante het, stel ek voor dat u die larwes met die hand verwyder. Insektemiddels met ‘n oliebasis is skadelik vir varings.
Meer algemene plae op takbokvarings is gewoonlik dopluise, wolluise, myte en slakke. Eersgenoemde drie kan met seperige water verwyder word.
As die varings te veel water kry, kan ‘n swamsiekte (Rhizoctonia) ‘n probleem word. Die toestand word gekenmerk deur swart kolle op die onderkant van die blare naby aan die basis en kan vinnig versprei en selfs die plant dood maak.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukonsultant (whitlockv@yahoo.com)
13 Januarie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X